Wanneer laas het julle die geurig-onskuldige koekie seep in julle inkopie-mandjie omgedraai en gekyk na die bestandele daarin?
Mens hoor daagliks van ouers en meestal hul kinders wat sukkel met ekseem, psoriasis, skilfers en ‘n reeks ander lelike dinge. Al die gruwel-storie gehoor van die dogterjie wat begin menstrueer het op ses jaar oud, as gevolg van al die steroides en groei-hormone in dierevet wat in die vervaardiging van kosmetiese produkte gebruik word? In besonder, seep? My suster se kinders sowel as myne sukkel met ekseem, ek sukkel met skilfers en ‘n droog vel, die Irishman ontdek so dan-en-wan ‘n verdagte sneeuvlok op haar kraag; ek dink nie daar is enigiemand wat werklik kan sê dat hulle nog nie dieselfde ding verduur het nie. Dalk erger, wie weet.
Dit het my so bietjie gaan laat navorsing doen. Die internet is ‘n eindelose put van informasie en die soeke na skadelike inhoud in seep was geen uitsondering nie. Gevolglik wil ek die volgende “euwels” met julle deel. Dit is almal bestandele uit seep wat die grote meerderheid van ons daagliks gebruik:
BHT – neurotoxic, may cause endocrine disruption, allergies and immunotoxicity, organ system toxicity (non-reproductive), irritation to skin, eyes or lungs, biochemical or cellular level changes and occupational hazards in manufacturing.
Titanium Dioxide – has a long history of use in sunscreens and other products. It appears relatively safe for use on skin, due to low penetration, but inhalation is a huge concern, causing allergies, immunotoxicity, organ system toxicity and biochemical or cellular level changes.
Stearic Acid – unless it states specifically that it was derived from vegetable fats, originally stearic acid was rendered from the fat of cows and sheep and from dogs and cats euthanised in animal shelters etc. Most often, it referred to a fatty substance taken from the stomachs of pigs. Can be harsh and irritating to the skin, eyes or lungs and may be neurotoxic.
Hoe lyk dit? Het julle al genoeg gehad? Die bogenoemdes is net uit ‘n seep wat meer as 50% “moisturiser” is (ek mag seker nie name noem nie!). Hier is nog so paar karakters:
Tetradibutyl Pentaerithrityl Hydroxyhydrocinnamate – (huh?) – persistent, bioaccumulative in wildlife and suspected to be an environmental toxin.
Sodium Dodecylbenzenesulfonate – organ system toxicity (non-reproductive), multiple additive exposure sources, irritation to skin, eyes or lungs.
Pentaerythritil Tetra-di-t-Butyl Hydroxyhydrocinnamate (amper nog erger as die vorige langderm!) – ongelukkig was die een op diere getoets, maar die resultate is steeds interessant en skrikwekkend: One or more animal studies show brain and nervous system effects at moderate doses. (Ek wonder wat noem hulle “moderate” – eenkeer, tweekeer ‘n dag stort, tweekeer ‘n dag hande was…). One or more in vitro tests on mammalian cells show positive mutation results. (Mutasie, mense!!!) One or more studies show weak endocrine disruption. Interferes with gene expression. Skin irritation at low doses. Skin sensitiser – can instigate immune system response that can include itching, burning, scaling, hives and blistering of skin. Metabolic – weight loss or decreased normal weight gain.
Die lys is lank; gaan kyk so bietjie vir julself op http://www.cosmeticsdatabase.com en “be afraid, be very afraid!” Ek kon nie glo dat ons mense onself en ons kinders onwetend aan hierdie dinge blootstel nie. Dis dan mos geen wonder dat almal sulke gesondheidsprobleme het nie! Ek was een wat altyd gewonder het hoekom die geslagte na my sulke sieklike mense uitgedraai het – nou is een stukkie van die legkaart in sy posisie.
Dit was nou ‘n lang inleiding tot die eintlike onderwerp vandag – ek het so paar maande gelede begin om natuurlike seep te maak. As daar van seepmaak gepraat was, het ek altyd hierdie prentjie gevorm van boervrouens wat met dik voorskote, sweet stromend van hul gesigte en groot roeispane in hul hande ure voor stomende potte kokende vetseep oor ‘n oop vuur staan en swoeg het. Jy kan dit wel nog so doen, maar weereens het die internet tot hulp gekom. Daar is ‘n “koue proses” of roerseep, waarmee op ‘n veilige en maklike manier die heerlikste seep gemaak kan word. Ek gebruik “caustic soda”, ek dink dis bytsoda – die tipe waarmee dreine skoongemaak kan word of ghries van vloere. Wees gerus, wanneer die seep vir ‘n maand drooggemaak was, is daar geen teken meer van bytsoda daarin nie, dit word totaal opgeneem in die proses om olies te omskep in natuurlike seep. Ek het nou al so nege “batches” wat reg is om verkoop te word of uit te deel, en glo my, julle sal nie weer wil teruggaan na die chemiese seep wat in winkels verkrygbaar is nie! Ek het tot al sjampoe-seep gemaak – ja, ‘n harde blok waarmee jy jou hare kan was, en die verskil in jou hare en kopvel is absoluut merkwaardig. Dit neem omtrent ‘n week om al die neerslae van gewone sjampoe uit jou hare te was, en vandaar kan jy die verskil sien. My laaste sjampoe-“batch” is gemaak uit ‘n kombinasie van olyf, makadamia, avocado, “grapeseed”, kokosneut en kasterolies en liggies gegeur met “Acacia Honey” gegeurde olie. Waar gaan jy iets beters en meer natuurliks kry om op jou en jou kinders se koppe en hare te sit? En dink net hoe lekker gaan dit werk met vakansies en uitkamp – jy stuur die kinders net met ‘n blok sjampoe-seep storte toe en hulle kan hulself sommer was ook daarmee. Geen verlore bottels sjampoe op stortmure meer nie, en baie meer plek in die “cosmetic sakkie”!
Dit neem so halfuur na ‘n uur om een liter seep te maak, wat jy dan in so 16 blokke kan opsny, genoeg om die gesin ‘n hele rukkie te hou. Al stel julle nie belang om self te maak nie, doen julself en jul gesin die guns om volgende keer te kyk na die bestandele van julle gekoopte seep. In seep-sirkels word gesê: as jy nie ‘n bestandeel maklik kan uitspreuk nie, is dit nie goed vir jou nie.” As van julle dalk sou belangstel, ek het letterlik honderde resepte vir handgemaakte seep, vloeibaar sowel as blokke, sjampoe-seep, dagroom, bad-olies en dies meer. Ek sal graag deel en raad gee waar ek kan. Ek is beslis nie ‘n absolute kenner nie, maar ek kan myself help.
Die ou mense het mos altyd gesê: “Al wat jy nodig het is seep en water.” Maak net asseblief seker dat dit die regte seep is!
Genade, dis interessant, het dit nooit geweet nie!
Die Engelse kind sukkel al jare met ‘n swaminfeksie op sy kopvel, ons is al radeloos en het letterlik alles probeer.
Alles van medikasie tot verskillende sjampoes. Aalwynsjampoe help in ‘n mate, maar kan dit nie heeltemal opklaar nie.
Enige raad?
Haai Maxi,
Ek sou jou nie die raad kon gee as ek dit nie al self probeer het nie, en glo my, dit werk! Ek het so paar weke gelede gesukkel met so swammetjie tussen die tone. Ek het citronella “essential oil” (jy kan dit by Clicks of enige gesondheidswinkel soos Healthwise kry) met aqueous cream gemeng en daaraan gesmeer – ek weet nou nog nie van enige swamme nie. Die citronella het ook nie irriteer nie, al was die vel taamlik rou en sensitief. Wat jy miskien kan doen is om so paar druppels met olyf-olie of klapper-olie te meng (dit sal sy hare lekker “condition” ook!) en dit liggies op die swam in te vryf. Net ‘n paar druppels – essential olies is taamlik sterk. Moenie citronella lampolie gebruik nie, dit brand die vel. Tea Tree olie is ook natuurlik baie goed, alhoewel ek dit nog nie self gebruik het nie. As hy nie van citronella se sterk sitrus-reuk hou nie, is tea-tree die een om te gebruik. Ook sterk “fungicidal”. Meng ook met olyf- of klapper-olie soos die citronella. Ek hoop julle kom reg!
is dit moontlik om 400 klein sample sepies by jou te bestel. indien nie, kan jy my na iemand verwys. dis nogal dringend
Dankie vir die aanvraag. Ek sal jou per e-pos skakel.
Nou ja vrind, wanneer plaas jy die link tot die seep maak resep, of jou eie resep, hier op jou blog?
Of is dit ‘n vuillisblik geheim?
Welkom Skoor,
Ek wou eers uitvind of mense wel sou belangstel – die feit dat jy vra plaas jou seker in daardie kategorie, nê? Ek is tans besig om te werk aan ‘n toegewyde seep-bladsy wat by die blog gevoeg sal word sodra dit voltooid is. Dit sal foto’s, resepte en raad bevat. Intussen, Google gerus “soap recipes” – jy sal verbaas wees oor die hoeveelheid informasie beskikbaar.
Ek gee nie om vir wag nie.
Jy kan my gerus kom opklop wanneer jy dit geplaas het. (die wat my al lank ken, weet ek skram weg van ingils, so ‘n resep in my Taal is altyd meer welkom as een met ‘n rooi baadjie aan!)
Jy klink vir my ‘n man wat hou van jou eie goed maak. Gaan loer op my resepte blog http://www.skoorkos.wordpress.com vir die joghurt resep wat jy tjoef-tjaf self kan maak.
Lekkerder as gekoop, en vet pret. Om nie die satisfaksie agter te laat nie!
Dankie Skoor, ek sal baie beslis gaan kyk. Ek doen 90% van die kookwerk in die huis, so ‘n nuwe resep sal altyd my aandag trek!
Hey Dion
EK self sukkel al ‘n rukkie lank met skilfers, maar nou gaan jy lag. Ons vervaardig self seep en ek bedoel van opwasmiddel tot poeierseep. Ek is nou nie chemies aan gele nie, maar wat jy daar se klink na die waarheid.
Die ding is my verloofde doen al die formules en goed. Ek ken net die produkte en hulle gebruike. Haar sjampoe koop ons uit die winkels, want ek weier om sy gemaakte goed te gebruik en nou tot my verbassing moet ek vind dat dit juis dit is wat dit veroorsaak.
Maar mens kan ook nou nie seep die skuld vir alles gee nie, want mens moet skoon kom. Ek het gelees dat skilfers eintlik ‘n swam is.
Ek sal eerder daarvan hou as iemand raad kan gee om die goed te verwyder, want ek voel ek kan mal word.
My haarkapper het gese ek moet folic acid pilletjies drink, maar dit het net vir ‘n klein rukkie gehelp
So wat nou gemaak?
Haai Irene,
Interessant oor julle opwasmiddel en poeierseep – ek sal graag meer wil hoor. Jong, wat jy sê oor die skilfer-ding kon ek netsowel self gesê het; ek stem volkome saam. Ek het gevind dat die winkel-sjampoe’s wel vir 1 of 2 dae jou hare skilferloos hou, maar (en dit is net my persoonlike wantrou) ek dink hulle is so geformuleer juis sodat jy moet aanhou om die produk te gebruik. As dit met een bottel totale genesing bring, sal hulle nie meer geld maak nie! Ja, folic acid werk vir ‘n klein rukkie, maar dit is maar net vitamiene C. ‘n Asyn-afspoel na ‘n was sal baie beter wees om die PH-waarde op jou kopvel en hare te herstel. Ek gaan op die hoofblad ‘n bydrae skryf net oor skilfers, swamme en die hedendaagse winkel-middels asook wat jy self kan uitrig op ‘n meer natuurlike manier, en moontlik meer permanent. Hopelik sal jy daaruit iets vind wat vir jou gaan werk. Groete!
hi Deon ek stel belang in jou seep om aan te koop laat weet hoeveel dit kos asb.stuur my n mail
dankie
Dankie vir die belangstelling en navraag. Ek sal jou binnekort per e-pos skakel.
EK SUKKEL MET N KLEINKIND WAT HOM MOEG KRAP EN RUB EN NOGAL IN DIE ONGEMAKLIKE PLEKKE, HET AL ALS POBEER , IS NOU RAADOP GEE BIETJI VAN JULLE RAAD. WANT MY OE IS AL VERLEP VAN WAKKER BLY EN RUB.
Goeiemôre Sonia, en welkom!
Man, ek is nou nie ‘n algehele kenner nie, maar ek sou voorstel: kyk eers goed na die plekke waar hy krap. Lyk dit of dit moontlik ‘n wit of swart swam kan wees? Droog hy mooi af op die plekkies na bad of stort? Was en ontsmet die plekkies met iets wat nie gaan brand as die vel gebreek is nie, en vryf Tea Tree olie in. Hou dit droog – sulke plekkies word erger as hulle klam is. Jy kan ook kyk na seep verander. Dis moontlik dat hy ‘n tipe van reaksie toon teen ons gewone winkelsepe se chemiese neerslae op die vel. Ek hoop dit help!
Hi.
My dogtertjie het ook ekseem en ek het ook nou begin om seep self te maak.
Is redelik dom… sal waardeer as jy a resep vir my kan stuur met die mees basiese goed.
Ek het al die volgende vet, olyfolie, palmolie, kanola olie, gliserien, advokado olie, peanut olie, perskepitolie. Ook die volgende konsentrate, lavender, sandalwood, rosemary, lemon gras, roos en vanilla. Ek het ook baie rooibostee takkies tee.
Dankie
Soeks
Hallo Soeks, en welkom hier.
Ek gaan binnekort al my seepresepte wat ek reeds op die blaai gegee het verskuif na hulle eie blaai op hierdie blog – iets wat ek lankal wou gedoen het. Ek sal dan ook nog ander resepte byvoeg, vanaf die mees basiese dinge tot meer ingewikkeld. Jy het alreeds ‘n goeie basis van bestandele om van te werk. Hoe sê hulle: “Hou die spasie dop!”
Hi Dion
Ek’s so bly om te sien daar’s nog iemand wat so passievol is oor die tradisionele roerseep.
Ek self maak en verkoop ook roerseep, dit is nou wel die een wat jy op ‘n vuur staan en URE lank roer, maar dis absoluut die moeite werd.
Buiten vir al die gebruike soos jy reeds genoem het, is daar niks wat enige kolle, vlekke of enige merke, tot selfs ink merke so goed uit kledingstowwe haal nie. Selfs vir persone wat sukkel met erge sweet, en nie meer waarheen nie, want ander produkte wil nie werk nie. Dit werk 100% daarvoor. En soos jy tereg genoem het, geen newe effekte!!
My besigheid is in Barkly Wes, naby Kimberley. Dit sal gaaf wees om met jou hieroor te gesels en ook resepte uit te ruil, want ek het tans net die gewone een soos ek van my ouma geleer het.
Maar dis ‘n wonder produk voorwaar!!
Groete
Romaria
Baie welkom!
Watter voorsienigheid om nou iemand raak te loop wat nog seep maak op die “regte” ou manier! Ek kan nie meer saamstem nie – handgemaakte seep is ‘n fantastiese produk, veral die wat nog met dierevet gemaak word soos ons voormoeders dit gedoen het. Almal skram so weg van dierevet, maar in die ou dae het mense niks oorgekom nie! Bygesê, in die ou dae was daar ook nie sulke onnatuurlike byvoegings by voere soos steroïdes, spoor-elemente en groei-hormone nie…
Ek sal bitter graag meer wil weet en sal beslis resepte met jou wil uitruil. Ek sal jou per e-pos skakel.
Groete,
Dion
hi dion ek sukkel nou vir meer as 2maande om die swam weg te kry ek gebruik kez shampoo en dan smeer ek terbicil room aan, dit maak dit nou wel droog maar dit klaar nie op nie, wat sal jy aanbeveel. Wag graag op jou terugvoering.
Hallo Morney,
Myne sal net ‘n persoonlike opinie wees, nie ‘n mediese diagnose nie. Kez sjampoe werk goed vir swamme, maar die nadeel daarvan is dat jy dit moet aanhou en aanhou gebruik – dit neem nie werklik die probleem weg nie, dit hou dit net in toom. Kry vir jou ‘n botteltjie klapperolie, citronella essential olie en tea tree olie. Meng twee druppels citronella olie en 6 druppels tea tree olie op twee teelepels klapperolie wat liggaamstemperatuur is. Werk dit goed op die geaffekteerde gedeelte in en los op vir 1 uur, tensy dit sensitief is. Kry ook vir jou ‘n koekie seep wat hoofsaaklik klapperolie bevat met so bietjie olyfolie by. As jy nie so-iets kan raakloop nie, Protex is omtrent die veiligste seep in die winkels beskikbaar. Was jou hare agterna hiermee. Dit gaan jou kopvel effe uitdroog, so na die was moet jy dit afspoel met twee teelepels asyn op 1 koppie louwarm water. Laat jou hare en kopvel goed droog word, en masseer dan 3 druppels tea tree olie in 1 teelepel grapeseed olie gemeng, goed op jou kopvel in en los dit. Herhaal so elke twee dae. Ek is seker jy gaan ‘n verskil opmerk. Hou chemikalië so ver weg van jou kopvel en hare as moontlik. Dit gaan net dinge vererger. En laat my asb. weet hoe dinge gaan na so rukkie?
Groete
Dion
Nee kyk,ek het vanoggend by krimpvarkies begin en nou eindig ek by seepmaak.Goed so, want ek beplan om volgende jaar met Moedersdag ‘n sepie aan elke moeder in ons gemeente te gee. Wil graag self die sepies maak. Het al baie “resepte” gesien maar ek soek ‘n maklike ene want ek moet taamlik baie maak. Ek wil nie graag met soda werk nie. Waar kry ek jou resepte? Gebruik gerus my epos.
Groete en lekker dag daar.
Hallo Annalien,
Dankie dat jy kom inloer het. Ek het ‘n paar resepte hier tussen my seep-blaaie. Kyk gerus so bietjie na hulle, maar as jy iets meer spesifieks soek, laat maar net weet. Vir iets eenvoudigs beveel ek ‘n Castille- of Marseille seep aan wat net klapperolie, olyfolie en palm-olie bevat. Ongelukkig is soda die noodsaaklike bestandeel om die olies te verseep, maar as jy reg daarmee werk is dit nie moeilik of gevaarlik nie en dit is maklik verkrygbaar. Hoop jy kom reg!
Hallo Dion
Ek stel baie belang in die seepmaak ding. Ek sal baie graag van die honderde resepte vir handgemaakte seep, vloeibaar sowel as blokke, sjampoe-seep, dagroom, bad-olies en dies meer waarvan jy praat wil bekom. Ek is ook op soek na goedkoper resepte om seep vir die swartmark te maak. Laat weet asb. as jy my kan help.
Groete
Theuns
Hallo Theuns,
Ek sal so paar resepte bymekaarsit in ‘n formaat wat ek vir jou kan stuur. Op die oomblik sit hulle in ‘n rekenaarprogram of opgeskryf in ‘n boek of vasgevang op fotostate.
Groete
Dion
Hi Dion
Ek het op jou blad af gekom en vind dit baie intresant en as dit moontlik is sal ek graag meer van jou resepte wil bekom.
Laat weet my wat die kostes sal wees as ek van jou resepte wil bekom.
Groete
Hennie
Goeiemôre Hennie,
Hier is heelwat resepte op die blad beskikbaar, maar as jy meer resepte wil bekom – ek is besig om als in ‘n databasis bymekaar te sit. Op die oomblik is dit op haastig-geskrewe folio bladsye of fotostaat-afdrukke en uitdrukke van die internet af. Ek het basies al my beginner seepresepte van die internet gekry en die res is my eie resepte wat ek met “SoapCalc” aanmekaar geflans het. Sodra ek die resepte elektronies beskikbaar het, sal ek dit op hierdie blaaie bekendmaak en beskikbaar stel.
Groete, en lekker seepmaak!
Dion
Hallo Dion Jammer om te pla, maar ek het raad nodig. Ek maak altyd kouewaterseep soos die oumense dit gemaak het, maar ek wil graag begin om klein sepies te maak vir gastehuise ens. Ek werk op ‘n plaas waar hulle baie funksies hou. Dit is waar die idee begin het. Nou het ek egter ‘n paar vrae en ek hoop jy sal my kan help. Ek het klein gliserien sepies gemaak, dit gaan wel baie vinnig om sommer in ‘n kort tydjie ‘n hele klomp te maak, maar dit is ietwat duurder as die ander sepies. Die gaste huise verkies meer die gewone wit sepie. Nou dit is waar my frustrasie inkom. Die kouewater seep word van dierevet gemaak en jy weet self dit ruik. Alhoewel nie baie skerp nie, is daar tog ‘n effensie reuk waaroor ek dink die kliente dalk kan kla. Nou het ek al bietjie gaan kyk na ander seep en het ook selfs van seep gehoor wat van sonneblom kookolie gemaak word. Nou as ek my seep maak is dit binne amper ‘n halfuur reg om in die moulds te gooi, maar ek het al gehoor dit vat amper drie uur se roer of klits voor die ander soorte verseep het. So dit gaan baie lank vat en baie krag. Kan jy my se of dit regtig so lank neem of is daar ‘n ander resep wat jy kan aanbeveel wat eerstens nie so lank vat nie, want ek moet my krag rek dophou en waar die bestanddele ook nie so duur is nie, sodat ek darem nog iets maak op die end of is daar ‘n manier om van die reuk ontslae te raak van kouewater seep. Ek is nie seker of iets soos lavender die reuk sal wegvat nie. En wil nie kanse vat net om later tog kliente te verloor oor hulle dit nog steeds kan reuk nie. Groot asb help tog as jy nie omgee nie Asseblief en baie dankie Annatjie
Hallo Annatjie,
Ja, gliserien-seep is so lekker maklik en vinnig, maar dit kan nogal duur begin raak.
Jy hoef nie dierevet in jou seep te gebruik nie – die vet op sy eie het wel ‘n effense reukie – maar ek hou van die beesvet wat ek hier in Oos London kry, want dis spierwit en byna reukloos. Die vet is ‘n lekker “vuller” as mens so bietjie kort is aan ander olies en daar is prakties niks fout met die gebruik van dierevet nie, sekere mense het nou maar net ‘n weersin daarteen en ek kan dit verstaan.
Indien jy steeds nie hou van die idee van dierevet nie, stel ek voor dat jy kyk na resepte met hoofsaaklik “Pomace” olyfolie en klapperolie. Laasgenoemde verseep alreeds redelik vinnig, maar met die byvoeging van die “Pomace” olyfolie is verseping skrikwekkend vinnig. My laaste slegs-plantaardige-olie seep wat ek gemaak het, het die twee olies, asook ‘n minimale byvoeging van beesvet bevat, en na tien minute se klits moes ek bontstaan om dit in die gietvorm te kry!
Sonneblom olie is ‘n goeie byvoeging by seep omdat die ekstra-virgin varieteit so hoog is in vit.e, maar my goeiste, dit vat lank om te verseep! Ek het al drie ure geroer aan ‘n sonneblom-olie mengsel, dit naderhand uit frustrasie in die gietvorm gegooi en die volgende oggend was dit nog steeds sag! Gebruik dit eerder as verrykingsolie na verseping saam met jou botaniese olies of reukolies.
Wat ek ook sal voorstel as jy bang is vir reuk – gebruik fyngemaakte kruie of blomblare in jou seep. Dit gee die mooiste gespikkelde voorkoms, dien ook soms as ‘n “exfoliant” en die stukkies hou aan om lekker geur te produseer. Onthou dan net om so bietjie vit.E olie by te sit om jou vars byvoegings te preserveer.
Lafentel sal beslis die reuk van beesvet bedek, maar vat so handvol van die blaartjies ook as jy dit kan kry, droog dit effe, maak dit baie fyn en voeg by. Dit sal die geur baie beter dra.
So, kortliks: vir jou situasie, “Pomace” olyfolie, klapperolie en minimaal beesvet. Dit behoort vir jou lekker harde seep te gee wat goed skuim en baie lank sal hou, en ook geurmiddels goed sal hou. Bly weg van vark- en skaapvet. Hulle is sag, verseping is langer en hulle het ‘n reukie.
Annatjie, as jy bietjie skrikkerig is, laat my weet watter bestandele jy dink sal goed wees volgens wat jy redelik goedkoop daar by jou kan kry, dan sit ek vir jou ‘n resep deur my seep-program en stuur dit vir jou aan. Ek is tot bereid om ‘n “batch” daarvan te maak om te sien hoe dit uitkom. Ek kan mos die meerderheid daarvan hier verkwantsel en vir jou monsters aanstuur of iets. Voorspoed daar!
Hallo Dion baie dankie vir jou antwoord op my email. Sal bly wees as jy kan help as jy nie omgee nie. Ek weet ek kan sonneblom olie en olyfolie hier kry. Ek sien sonneblomolie is heelwat goedkoper maar soos ek gese het dit het na drie ure nog nie gestol nie. En ek het jou antwoord gelees oor dit. Is daar enige ander olies wat ek kan gebruik? Ek wil tog maar wegbly van gewone diervet af , want jy weet nie met gaste wie hou dalk glad nie daarvan nie. Nou is ek regtig dom. Kan jy my asb help en laat weet wat jy dink of dalk ‘n resep aanstuur wat olies bevat wat ‘n redelik goedkoop sepie kan maak en ook vinnig is om te maak Wat jy dan in die gaste badkamers kan sit. Selfs al is dit van ‘n ander soort olie gemaak wat redelik goedkoop is en redelik algemeen verkrygbaar. Jy ken olies beter as ek. Ek kan maar altyd agterna ‘n bietjie rondsoek as jy ‘n ander olie sou voorstel. Baie dankie nogmaals vir die hulp en raad . Jou artikels is regtig baie interesant. baie dankie Groete Annatjie .
Hallo Dion vir interesantheid wat se vorms gebruik jy als vir jou seep as ek mag vra? Ek vra want ek het eenkeer in my onnoselheid non stick pannetjies gevat , maar die seepsoda het nie so goed daarmee gewerk nie. Ek het al van die silicone rubber vorms gesien maar dink dit werk nogal duur uit, veral as jy ‘n hele klomp nodig het. Ek het ook al iewers op een van jou stukke gesien jy praat van een lange wat jy maak van hout met skarniere. Het jy enige ander idees vir vorms wat sal werk saam met die seepsoda wat ‘n mens in die resepte gebruik? Jou hulp sal baie waardeer word. Baie dankie en lekker dag verder. annatjie
Hallo Annatjie,
Ek het na aanleiding van jou vrae ‘n bladsy oor gietvorms onder “Seep” oopgemaak. Ek wou dit eintlik al lankal gedoen het en dit is beslis nie so kompleet as wat dit kan wees nie, maar gaan loer gerus daar. Ek dink dit behoort jou te help.
Hallo Dion Ek het raad nodig, groot asb. My vriend sukkel met ‘n baie olierige vel. Ek het bietjie gelees oor al die soorte olies wat in handgemaakte seep gebruik word, bv olyfolie, ens. Ek weet nie of ek iewers iets misverstaan of iets gemis het nie, maar die meeste inligting wat ek kry is oor droe vel tipes en ekseem en olies wat goed vir dit is. Maar ek kon nerens ‘n resep kry wat kan help vir spesifiek , persone met olierige veltipes nie. Het jy dalk enige raad asb. Is daar iets wat hulle kan doen om die soort veltipe te verbeter of kan jy enige voorstelle maak oor watter bestanddele om te gebruik as jy jou eie handgemaakte seep resep wil opstel of wil maak vir die tipe vel? Of watter soort bestanddele hy dalk moet vermy in handgemaakte seep. Indien enige. Ons sal jou raad baie waardeer. Enige resepte sal ook baie waardeer word. BAIE DANKIE annatjie
Hallo Annatjie,
Daar is twee oplossings vir olierige vel.
Nommer 1: Gebruik hoofsaaklik klapperolie of palmolie in jou seep. Met die gebruik daarvan moet dit net dopgehou word – dit laat die vel heelwat droog agterna en mag dalk jou vel stimuleer om nog olie te produseer om te kompenseer. Dit bring ons by die volgende punt Nommer 2: Oorbevogtig jou vel. Dit kan die gevolg hê dat jou vel weereens kompenseer daarvoor en sodoende minder olie produseer omdat dit bevogtiging van “buite” kry. Mens sal maar hiermee moet eksperimenteer en dit sal ook seker verskil van persoon-to-persoon. Hoop dit help!
Hallo Dion Dankie vir al die inligting oor seep. Ek lees kort kort jou artikels en kan nie ophou nie. Die seep gogga het behoorlik gebyt. Dankie vir al die interessante inligting. Dion, kan jy my dalk asb help en se watter ander alternatiewe daar is vir kokosneut olie en in watter hoeveelhede jy dit dan gebruik.Gebruik jy dan dieselfde as wat oorspronklik in die seep gestaan het? Ek is nie seker of ek reg of verkeerd is nie, maar ek dink palmolie is mos iets wat jy in sy plek kan gebruik? Maar is daar enigiets anders wat ook maklik beskikbaar is? Help groot asb, en nogmaals dankie
Hallo Annatjie,
Ek’s bly ek is nie die enigste wat deur daardie gogga gebyt is nie! Jy kan beslis palmolie instede van klapperolie gebruik, ek sal dan net voorstel dat jy so 1/8 daarvan met kasterolie vervang. Kasterolie bevogtig taamlik goed en dit maak die palmolie net so lekker skuim soos klapperolie, en mens kan dit ook redelik goedkoop en in groot maat bekom. Al ander alternatief is baie skoon, reuklose beesvet, maar dis moeilik om die effe “gebraaide” reuk uit beesvet te kry, tensy mens heelwat geur-olie of botaniese olie byvoeg. Dan begin dit ongelukkig nou weer duur raak. Onthou, as jy een olie met ‘n ander vervang, moet die resep aangepas word daarvoor, want elke olie het sy eie verseep-punt en dit sal die hoeveelheid bytsoda en water van die resep beïnvloed. Ek sal binnekort die seep-bladsy weer aanpas om verseep-waardes te wys en dit sal ook wys hoe jy die resepte moet aanpas daarvoor.
Groete!
Hallo Dion Kan jy my dalk help asb. Ek het iets raakgeloop en het gewonder of ‘n mens dit in seep kan gebruik. Ek hoop ek mag die naam gebruik, ek weet nie hoe anders ek kan verduidelik waarvan ek praat nie. Dit is Holsum pure cooking fat, en dit se op die pakkie: a blend of fully refined and deodorized palm oil, vit a and d. Dink jy ek kan dit gebruik in ‘n resep wat vra vir palm olie of nie? Ek het al gehoor jy moet dit gebruik in ‘n resep wat vra vir groente vet, maar het ‘n resep wat vra vir palm olie en klapperolie, of is dit iets anders? Baie dankie en ‘n lekker dag verder. Dankie ook vir al die interessante inligting op jou blad.
Hallo Annatjie,
Skuus ek kom nou eers terug – ek het nie besef ek was so lanklaas hier nie!
My eerste gedagte sou wees dat mens Holsum beslis in seep kan gebruik aangesien dit geheel uit palm-olie vanuit Malaysia bestaan, soos jy tereg noem, maar ek dink mens moet versigtig wees. Gewone sonneblom-kookolie is ‘n goeie voorbeeld: mens kan ekstra virgin sonneblom-olie in seep gebruik maar nie kookolie nie, want dit is te veel gerafineer. Dit mag moontlik wees dat Holsum ook heelwat gerafineer is en dalk nie meer so bruikbaar mag wees vir seepmaak nie – ek weet nie. Ek dink dit is wel die moeite werd om dit in ‘n resep te probeer en te kyk wat gebeur – ek gaan dit beslis probeer en ek sal skryf oor die resultate. Dis dalk die oplossing vir my palm-olie kwessie, want ek kan nêrens palm-olie in Oos London kry nie. Dankie Annatjie, ek sal terugvoering gee.
Groete
Dion
Hi daar waar kan ek van jou seep kry
Hallo!
Baie dankie vir jou belangstelling. Gee gerus vir my bietjie meer inligting oor wat jy verlang – op die oomblik het ek net wasgoed-seep, aarbei kinder bad-seep en citronella-seep vir die muskiete oor. Ek is druk besig om nuwe mengsels in die gietvorms te kry, maar dit gaan natuurlik ‘n maand neem om eers te kuur. Laat gerus van jou weet.
Groete
Dion
Dag Deon
Jou blog is baie interesant
Ek soek `n resep vir deurskynende gliserien seep Het jy dalk so iets ?
Kan ek bv. beesvet met holsum vet of wooden spoon vervang in ander resepte
Dankie
Maryna
Hallo Maryna, en dankie vir die inloer!
Ek het (na aanleiding van jou vraag) ekstra blaaie onder die seep-resepte oopgemaak wat die maak van gliserien-seep verduidelik en so paar resepte vir smelt-en-giet gliserien-seep bevat. Hopelik sal dit jou help. Ek sal stelselmatig nog meer resepte byvoeg.
Jy kan beslis die beesvet vervang met Holsum, wat basies palm-olie is, maar dan moet jou bytsoda-hoeveelheid en water ook verander, aangesien beesvet en palm-olie verskillende verseep-waardes het. Ek is nie heeltemaal seker oor Wooden Spoon nie – ek sal terugkom na jou oor daardie een.
Groete
Dion
More
EK wil net uitvind die klapperolie is die botteljies van Hercules 100ml. by spaar te koop en hoeveel botteltjies maak 500gram? Kan jy dalk weer die waspoeier resep opsit asb
Het jy dalk `n resep vir skuimbad(bubble Bath) ?
Dankie
maryna
Hallo Maryna,
Ek dink een van die ander lesers het al sover die klapperolie in die 100ml botteltjies gebruik en dit het gewerk. Maar as jy kan, kry die een in die 350g plastiek bottels by ‘n gesondheidswinkel. Dis ‘n vastestof teen kamertemperatuur en smelt sodra jy daaraan vat. 100g klapperolie = 108ml klapperolie, so jy gaan 540ml nodig hê. Ek sal gaan kyk waar ek die waspoeier en skuimbad resepte weggesteek het en dit binnekort opsit.
Groete,
Dion
Dagsê Maryna,
Gaan kyk onder die seep resepte – ek het resepte vir borrelbad daar opgesit. Die resep vir die waspoeier sal ook binnekort volg.
Groete
Dion
Baie Dankie ek waardeer dit hierin Rustenburg is dit nogal moeilik om alles in die hande tekry diens is maar swak
Maryna
Hallo Maryna,
Soos wat ek vir Adele aangebied het – jy moet sê as jy sukkel om goed te bekom. Ek kan dit kry en vir jou aanstuur – posgeld beloop so tussen R 20 en R 30.
Groete
Dion
Hallo Dion Dankie vir jou terugvoer oor die holsum vet (palmolie) pakkies. Ek is bly ‘n mens kan dit gebruik, aangesien dit iets is wat redelik maklik bekombaar is. Kan jy my dalk help met ‘n maklike resep waarin ek holsum kan gebruik asb. Ek is nie so vertroud met als om my eie resep aanmekaar te sit nie. Sal dus jou hulp baie waardeer. Baie dankie Groete daar
Hallo Annatjie,
Geen probleem. Gee vir my ‘n lysie van die olies en goed wat jy als beoog om in die seep te gebruik, dan sit ek vir jou iets aanmekaar.
Groete
Dion
Hallo Dion Die volgende is goed wat ek maklik in die dorp kan kry. Ons bly maar op ‘n klein plattelandse dorpie en als is nie altyd beskikbaar nie.
Sonneblomolie, of olyfolie. Ek het gewonder of ek net een van die twee saam met die holsum vet kan gebruik. Sonneblomolie is redelik goedkoper as olyfolie, dus wou ek dit gebruik.
Dan is ek nie seker of ek klapper olie, moet gebruik nie, maar dit is baie duur. Sou verkies om dit uit te los, maar as jy dink ek moet dit insit, moet jy net se, wil darem ‘n goeie seep maak, en weet nie of dit dalk ‘n belangrike bestandeel is nie.
So, die volgende is my keuses; SONNEBLOMOLIE EN HOLSUMVET.
Jy sal egter beter weet as ek. As jy dink ek los ‘n belangrike bestandeel uit, moet jy dit net bysit as jy nie omgee nie. Ek is glad nie so op hoogte met als nie.
Ek het al eenkeer gehoor dat as ek bv net palmolie sou gebruik, sal dit baie uitdrogend wees en jou seep kan ook kraak. Ek is egter nie seker of dit so is nie, dus sal jou hulp baie waardeer word. Baie dankie Groete annatjie
Hallo Dion Hoop jy kan my help asb. Ek is op soek na ‘n resep vir vloeibare seep, waarmee jy jou hande, ens kan was. Sal jou hulp baie waardeer. Baie dankie Lekker dag verder. Groete daar
Hallo Annatjie,
Ek antwoord nou eers, want ek probeer uitvind waar om die bestandele (meer spesifiek, die bytsoda) te kry. Jy sien, die gewone manier van harde seep maak gebruik natrium hidroksied, of bytsoda (caustic soda) soos ons dit maar algemeen ken. Vloeibare seep gebruik kalium hidroksied (pot ash) en ek is nie seker hoe maklik bekombaar dit is nie. As jy dit daar by julle kan bekom (hardeware winkels of boere koöperatiewe) laat my weet, dan stuur ek sommer gou vir jou so paar resepte. Ek gaan buitendien nog vloeibare seep resepte op hierdie blaaie insit ook.
Mens kan natuurlik net klaargemaakte seep oprasper, water byvoeg en dit liggies verhit totdat die seep gesmelt is, en dan meer water byvoeg totdat dit die verlangde dikte is, maar dis nie vir my so betroubaar nie, en mens kry nie ‘n ware “vloeibare seep” nie. Dit verloor ook die heeltyd vogtigheid en eindig maar altyd weer op in soliede vorm. Ek sal laat weet!
Groete
Dion
Hallo Dion hoop jy kan my dalk help. Ek het eergister ‘n resep probeer met holsum vet. Die bestanddele is as volg:
454 g holsum vet
57 seepsoda
142 g water
Dit het vinnig verseep, en die seep het nogal mooi uitgekom. Die enigste probleem was dat die hele sepie gekraak het. Hy het orals fyn krakies gemaak. Ek weet egter nie hoekom nie. Sou dit dalk te veel palmolie wees? Het jy enige raad oor hoe ek die resep moet aanpas? Kan jy my dalk help met ‘n nuwe of veranderde resep asb. Ek kan egter nie altyd alle bestanddele hier kry nie, sonneblom olie, olyfolie is omtrent al van die olies wat ek hier kan kry. En klapperolie kry ek net selde hier, en dan is dit nog bitter duur ook, moet ek dit dalk gebruik? Baie dankie vir jou hulp Groete annatjie
Haai Annatjie,
Ja, palmolie sal dit doen, en selfs beesvet met byewaks in doen dit ook. As dit eers droog is, is dit vreeslik moeilik om te sny, tensy jy ‘n tipe saaglem gebruik. Jy sê jy kan sonneblom olie en Holsum kry – daar het jy nou ‘n goeie kombinasie: Holsum vir hardheid en wit, sonneblom olie vir vitamiene E en kondisionering en olyfolie vir bevogtiging. Al wat ek sou byvoeg is so knerts kasterolie vir lekker skuim. Jy behoort dit maklik by jou apteek te kry. Wil jy hê ek moet vir jou ‘n reseppie aanmekaar gooi? Laat my net weet van die totale hoeveelheid seep wat jy beoog om te maak.
Nee wat, klapperolie is nou natuurlik ‘n baie lekker olie om mee seep te maak, maar daar is niks wat sê jy moet dit gebruik nie. Dit word hoofsaaklik gebruik omdat dit vinnig verseep, besonder goed skuim en goed skoonmaak, maar ‘n vermenging van Holsum en kasterolie sal presies dieselfde ding doen. Dis maar hoe mens moet meet en pas met bestandele om op die ou einde lekker resultate te kry.
Laat weet!
Dion
More Dion
Dankie vir jou hulp ek kan bestanddele in.Kemptonpark kry.
Ek is op soek na `n resep waar ek net beesvet en kasterolie kan gebruik vir omtrent so 3kg seep kan jy my dalk help? Ek het ook `n resep vir gliserien seep gekry jare gelede op die net wat ek graag vir jou wil stuur. om dit om te skakel in gramme . kan jy jou epos adres vir my aan stuur asb.
Dankie Maryna
Hallo Maryna,
Ek sal vir jou ‘n reseppie aanmekaarslaan en binnekort vir jou aanstuur. Ek het ook vir jou ‘n e-pos gestuur – jy kan maar die gliserien-resep aanstuur.
Groete
Dion
Hallo Dion Baie dankie vir jou hulp. Ja asb, kan jy vir my ‘n seepresep uitwerk met die holsum vet en sonneblomolie, en kasterolie asb? Sal dit baie waardeer. Ek wil so ‘n kilogram of so maak op ‘n slag, maar nie regtig meer as twee kilogram op ‘n keer nie, sodat dit nie te veel is om te hanteer nie. Baie baie dankie, sal so bly wees as jy my kan help. Lekker dag verder groete annatjie
Hallo Annatjie,
Hier is die resep:
310g Holsum vet
310ml Sonneblomolie
100ml Kasterolie
92g Bytsoda
220ml Water
En dan natuurlik jou keuse van geurolies ens. tydens verseping.
Ek hoop jy kom reg, en laat weet hoe dit uitgekom het!
Groete
Dion
Hallo Dion Baie dankie vir die resep met holsum vet en sonneblomolie. Ek het dit gemaak en dit het baie mooi uitgekom. Nogmaals dankie. Ek gaan die resep elke keer maak. Dan wil ek hoor of ‘n mens van jou molds wat jy vir jou seep maak kan koop. Die langes wat van hout gemaak is. Hulle lyk baie mooi en ek is op soek na twee. Kan jy my asb laat weet wat die kostes en posgeld is en hoe ek moet maak om die geld by jou te kry. asb. Baie dankie annatjie
Dion
Die eerste keer wat ek op jou blad afkom .Fantasties dankie vir al die info ek wil ook sommer begin seep maak.
Groete Nelia
Hallo Nelia, en dankie vir die inloer!
Hier is heelwat informasie om mee te begin, maar as jy vashaak is jy welkom om te vra. Voorspoed met jou seepmaak!
Groete
Dion
Hallo Dion. Laat weet my asb wanneer jy klaar is met die hout seepvorms sodat ek jou my adres kan stuur en met jou kan regmaak , asb. Besef jy is besig, maar waardeer die hulp baie. Baie dankie nogmaals Groete annatjie
hallo Dion, ek is twee maande terug met die woord ekseem gediagnoseer, ek het nog nooit met dit te doen gehad nie. ek het so n jaar terug worcester toe getrek van windhoek af en omdat worcester so n hoe swael inhoud in die lug het het ek n allergiese reaksie… en dis waar die ekseem vandaan kom. vir 2 maande stort ek nou al net met aquas-cream. ek het nooit gedink ek sal die skuimbolle in my stort mis nie. n vriendin het vir my gese ek kan lavender by my acquas-cream gooi sodat dit darem net na iets ruik. het jy enige voorstelle of raad vir my? sal ek byvoorbeeld met n gliserine seepie kan bad?
lekker dag
yolanda
Hallo Yolanda,
Ek het onlangs baie goeie resultate gehad met ‘n selfgemaakte behandeling vir ekseem en ek deel dit graag. Daar sal so paar dinge wees wat jy vir jouself sal moet aanskaf – werk maar net so deur die lysie. Die resep is vir ‘n olie wat jy nadat jy gestort het of net wanneer jou vel geïriteerd of droog is, aanwend oor die aangetasde gedeeltes en is soos volg:
* 150ml Avokado/Grapeseed/Soet Amandel/Olyfolie (kyk wat jy kan kry en maak ‘n mengsel, of gebruik net olyfolie as jy nie die ander kan kry nie).
* 40 druppels Tea Tree Oil (gewoonlik by apteke beskikbaar)
* 10 druppels Citronella Oil (Essential Oil, nie lampolie nie!)
* 10 druppels Peppermint Oil (ook by apteek)
* 10/20 druppels Lafentel/Roos geurolie na jou eie smaak.
Skud dit lekker goed saam en gebruik eers op ‘n klein area om te toets of jy enige reaksie toon daarteen, maar ek twyfel.
Voorspoed, en laat my asseblief weet of dit vir jou ook werk!
Groete
Dion
Ek is op soek na n resep vir vloeibare badseep en sal dit waardeer as jy vir my so n resep kan gee. Sal dit baie waardeer!
Hallo Marietjie,
Ek het nog nie by die vloeibare seep-resepte uitgekom om hulle hier op te sit nie. Sodra ek het, sal ek vir jou laat weet. Ek sukkel nog om “potash” in die hande te kry, want mens gebruik dit mos instede van bytsoda. Hopelik kom ek gou reg.
kan jy vir my mail elders464@gmail.com wil ook n paar dinge vir jou vra. baie dankie
Dankie vir jou inloer, Lilly. Ek het so gemaak.
Groete
Dion
Ek sukkel met olie vel,ek al alles probeer,maar geen sukses.Ek kani gewone bad seep gebruik,dit vererger alles,en ook die spesiale sepe vir olierige vel.Ek eet glad olierige kosse,en eet glad nie vet.Dion sal bly wees as jy my kan help?
Dion Ek het seep gemaak maar dit het nie very hard nie. 3.5kg bees vet , 500 gr seep soda, 1 en n half level terpentyn en 1lt water. Geroer vir 30 min en toe in forms Gregorio. Stainless steel bakke. Wat het Ek fout gemaak en kan Ek dit regmaak of items anders maak? Groete Chrissie Nel . Ek wil net wasgoedseep maa
Hello Dion
Ek het amper begin huil van verligting want dit klink vir my my probleem is opgelos!! Stuur asb vir my ‘n epos dan vertel ek jou. noeka@ptabox.co.za
Dion
my dogter sit met n swam infeksie as gevolg van n olierige vel sal jou seep daarvoor kan help dan stel ek baie beslis belang (lennette.vanjaarsveldt@sasol.com)
Groete Lennette
Goeie dag. Ek stel asb belang in jou resepte waarna jy verwys. Ek moet begin seep maak en verkoop vir ‘n lewe.
Groete.