Die Irishman vra my nou-die-aand, toe ek haar vertel het van al die inligting wat ek hier uitgee: hoekom gee ek nie so bietjie minder inligting uit, en moedig mense eerder aan om seep by my te bestel nie? Ek sal mos nooit so geldmaak nie.
Ek het self aan die begin my hare uitgetrek om inligting oor seep te bekom en het meestal uit dure ondervinding en eksperimentasie geleer. Ek was gatvol om op ‘n webwerf af te kom, die mooiste prentjies te sien, maar as jy enige inligting of ‘n resep wil bekom, dan moet jy nou eers aansluit of nog erger, ‘n fooi betaal vir inligting wat op die ou end nutteloos is. Dis mos al waaroor sekere webwerwe gaan: “Subscribe now for a low fee and you get…” of “But wait! If you subscribe now, you will also get…” Nee wat, hulle kan dit maar hou in hulle suinigheid. So ek sit als wat ek weet op die tafel en is beskikbaar om te help waar ek kan. Geniet dit, en moenie bang wees om te vra nie!
Ek het op die stadium nog net resepte vir die koue roer-metode van seepmaak. Ek sal na aanvraag binnekort resepte ook byvoeg vir die warm kook-metode.
This page has the following sub pages.
More
Ons het olyfbome hier in Gauteng
Ons wil seep met die olywe
Het jy raad vir ons
Hallo Johan, en welkom!
Dit klink nou sommer na ‘n gulde geleentheid. Pers julle die olie self? Doen julle Pomace ook?
Dit hang af van watter tipes seep julle wil maak, menende heeltemaal uit olyfolie, of in vermengings met ander olies. As julle geheel-en-al olyfolie-seep wil maak (Castile seep) is dit maklik. Ek het formules en informasie hier op my blaaie om uit te werk hoeveel bytsoda en water om te gebruik en so aan. Vermengings is bietjie van ‘n ander storie, aangesien sekere van die olies nie so maklik bekombaar in ons land is nie, maar daar in die Transvaal behoort julle nie so groot probleem te hê nie. Daar is ook natuurlik heelwat meer wat jy met olyfolie kan doen, soos badolies, rome, lipsalf en so meer.
Laat weet wat julle beoog en dan sal ek help waar ek kan.
Voorspoed!
Dion
Hi Dion
Sover is ons bome nog jonk en het ons nog net die olywe ingele en tapenades gemaak. Hier is iemand met pers hier naby, ons het al so emmer of twee gepers daar.
Wat ek net wil hoor is, na die olie ge-extract is moet dit fyn gemaal word, wan’t die pit is ook nog teenwoordig?
Ons dink ons moet met die Castille seep begin en dan van daar af verder vat.
Ons is nog nuut in die venture, so ons weet nog nie in watter rigting ons moet gaan nie.
Ons plaas is net buite Randfontein oppad na Magaliesburg, so hopelik kan ons groot aftrek kry met die naweek- toeriste wat hier verbykom.
die volgende olywe is besig om uit te kom en die jaar se oes lyk baie belowend.
Dankie vir al jou vriendelike hulpvaardigheid
As jy ooit in ons rigting kom, maak maak gerus ‘n draai.
Groete
Johan
Hallo Johan,
Verstaan ek reg dat jy vra of die pulp fyngemaal moet word met die pit teenwoordig?
Jong, sover my kennis van die olyfolie-bedryf aangaan, word die olywe gewas en alle vreemde goed soos die stingels ens. word verwyder. Dan gaan dit in ‘n maal-proses, pit en al, vir so 30 minute tot ‘n pasta verkry word. Die word dan gemeng met water en geroer sodat die olie-druppeltjies aanmekaar begin klou. Dit word dan in ‘n pars gesit wat al die vogtigheid uit die pulp druk. Dan word die vloeistof laat staan sodat die olie en water heeltemaal skei, en die olie word afgetap. Die uitgedrukte pulp kan dan verder chemies behandel word om Pomace-olie te verkry, maar ek weet nie of julle sover wil gaan nie. Maar sover ek weet geskied die hele proses met pit en al. Ek hoop dit beantwoord jou vraag?
Man, jou uitnodiging klink nou sommer na ‘n baie goeie proposisie. Ons kom juis volgende jaar Paasnaweek op daardie kant toe om bietjie by familie te kuier. Ek gaan jou voor die tyd laat weet en dan maak ons ‘n afspraak. Dankie!
Groete
Dion
Hallo Dion,
Bitter baie dankie vir die inligting. Ek het self al ‘n paar hare uit getrek oor die amper geen inligting wat daar is. Ons wil mense wat swaarkry help om hulleself te kan help en mense soos jy maak dit vir ons moontlik om bietjie-bietjie daar te kom. Mag die hemelse Vader jou ryklik seën.
Susan Wright
Hallo Susan,
(Ek het sommer self jou boodskappie gewysig om my naam reg te kry!)
Dis ‘n groot plesier en ek hoop die inligting help jou en baie ander. Seëninge aan jou ook.
Groete
Dion
Hi Dion.
Kan mens dan glad nie skaapvet in die seep gebruik nie, hoekom nie?
Magda
Goeiemôre Magda,
Nee, ek sê nie dat mens dit glad nie moet gebruik nie. Mens moet net in gedagte hou dat skaapvet van nature sag is – beslis nie so hard soos beesvet nie en sagter as varkvet – so dit gaan gevolglik vir jou ‘n sagter seep gee as jy net skaapvet gebruik. Mens moet die bytsoda en vet ook teen ‘n hoër temperatuur bymekaar gooi (50 grade C instede van 37-40 grade C) om te verhoed dat die skaapvet in klonte verseep. En laaste maar nie die minste – skaapvet behou sy skerp “skaap” reuk selfs nadat verseping plaasgevind het. Mens kan probeer om dit te bedek met genoeg reukolie of botaniese olie, maar op die ou einde kom die reuk weer deur. Ek sou voorstel – en dit is net my eie opinie – dat mens skaapvet in nie meer as 20% van die totale mengsel vette gebruik nie, dan hoef mens nie spesiaal toe te laat vir sy “unieke” eienskappe nie. Ten spyte van hierdie “uniekheid” is skaapvet natuurlik baie goed vir jou vel en ek sal nie wil sien dat ons sepers dit heeltemaal ontag as ‘n waardevolle toediening tot ons konkoksies nie.
Groete
Dion
Dion ek soek ook hulp met die maak van seep met suiwer olyfolie.Ek laat pers my eie olywe so ek het redelik olie beskikbaar.
Hallo Andre,
Dis nou handig om jou eie olywe so te laat pers – dis nou ‘n seepmaker se droom! Eerstens, hier op my resepteblaaie is daar resepte vir die maak van olyfolie-sepe en vermenging met ander olies in seep. Tweedens sou ek jou aanraai om jou ekstra virgin met pomace 50/50 te meng. Ek het nou onlangs weer ‘n groot maat olyfolie-seep gemaak. Ek het nogal klapper-olie bygevoeg om ‘n bietjie ekstra skuim daaruit te kry en ek het nog steeds 3 ure gesukkel dat dit verseep. Ek moes dit op die ou einde weer opwarm op lae hitte voordat dit begin verseep het. Ekstra virgin is nou wel die beste, maar het baie min verseepbare olie in, waar pomace bv. op sy eie amper so vinnig as beesvet verseep. Voorspoed en laat weet hoe dit gaan!
Groete
Dion
Hi. Ek soek resep vir bokmelk seep asb. Ek wil seep!
Hallo Lindie,
As ek reg onthou is hier so resep op hierdie blaaie. Kyk gerus daarna en as dit nie presies is waarna jy soek nie, laat my weet watse ander bestandele jy wil gebruik, dan slaan ons vir jou iets aanmekaar.
Groete
Dion
Hallo Dion, wil net vir jou se dat ek mal is oor jou webblad. My dogter het ekseem en so het ek toe op jou webblad afgekom en ook al een van die sepe gemaak. Ons het dit nognie probeer nie want dit staan nou eers 2 weke. Ek sien ook al die ander opwindende seep soos borrelbad, wasgoed seep en sjampoe/seep en wil sommer almal met tyd probeer. Tussen hakies, ons het nou na botter oorgeslaan nadat ek jou navorsing oor margarien gelees het.
Hallo Annemarie,
Dankie vir jou belangstelling en kompliment! Ek is bly jy kon die inligting van nut vind, en netso dat jy self begin seepmaak het. Jy sal nie spyt wees nie. Ek het juis ‘n groot sak “pot ash” by my broer gekry en will binnekort begin speel met vloeibare sepe, sjampoe’s en sulks. Ek sal beslis beproefde resepte hier plaas. Ja, dis net jammer dat mens soveel meer moet betaal vir botter, maar ten minste gee dit mens die gemoedsrus. Die prys verhoed ook so effe dat mens te veel gebruik – dit kan ook seker goed wees! Voorspoed, en laat my asseblief weet hoe jou seep uitgekom het.
Groete
Dion
Hi Dion,
Jong ek is ‘n newbie met die seepmaak storie maar ek juk om te begin. Jy het ‘n baie fantastiese blad hier, maar ai ek vind al die inligting oorweldigend (of course vir ‘n newbie). En nou het ek baie vrae….lol
Ek het nou al my tools gaan koop en die Lye en klapper olie. Maar nou haak ek vas met my olies wat ek moet/wil gebruik. Ek wil verkieslik ‘n seep maak (klein baksel van so 6 koekies) en eksperimenteer met Lavender oil. My vraag is nou, watse olie gebruik ek? Ek verstaan klapper maak die koekie harder en laat dit skuim en kasterolie help met moisturizing, so ek sal daai twee wil gebruik. Maar nou weet ek nie of ek Olyf olie moet gebruik of watter ander olies moet ek gebruik nie. Kan mens enige olies met mekaar meng, en hoe weet jy watter olie moet mens die meeste van gebruik?
En laastens, het jy dalk ‘n idee of ‘n resep vir ‘n klein bakseltjie van so 6 koekies seep?
Waardeer jou hulp verskriklik.
Groete
Belinda
Haai Belinda,
Ag jong, partykeer voel ek ook nog soos ‘n noob met die seepmaak, veral wanneer ‘n prys-seep met die kosbaarste olies in verseg om enigeiets anders as ‘n “shower-gel” uit te draai…
Klapperolie as jou basis is goed, asook kasterolie as ‘n byvoegsel, maar as jy soort-van soek vir ‘n onfeilbare “standaard” basis seep, sou ek klapperolie, olyfolie en palmolie aanbeveel. Aldrie bestandele is maklik om te kry en dit gee keer-op-keer vir jou ‘n veelsydige seep en iets wat jy kan gebruik as ‘n basis om mee te eksperimenteer met byvoegings. Kasterolie moet nooit in groter maat as so 10% van jou mengsel gebruik word nie, anders maak dit die seep geweldig olierig. Moet nooit skaam wees met die olyfolie nie, dit en klapperolie net by hulself sal vir jou fantastiese seep gee. As ek mag raad gee: gebruik olyfolie, klapperolie en kasterolie as jou hoof-olies saam met die bytsoda, en dan die lafentel-olie as jou byvoeging. Jy kan selfs nog so paar druppels kasterolie saam met die lafentel-olie byvoeg vir ekstra luuksheid!
Ek het nie my seep-program hier by die werk nie, ek sal oor die naweek gou vir jou ‘n reseppie opstel en dan stuur ek dit vir jou Maandag.
Groete,
Dion
Baie dankie Dion, ek waardeer dit baie 🙂
Groete
Belinda
Hallo Dion, ek het Meimaand met jou gepraat oor die seep wat ons gemaak het en ek wil net se dat dit ‘n groot sukses is. Ons maak nou op gereelde basis verskillende sepe en behalwe dat dit ‘n heerlike stokperdjie is en so bevredigend om die selfgemaakte seep te gebruik en dit skuim so heerlik, weet ons ook dat dit baie gesond is om te gebruik. Ek wil ook nou bietjie begin eksperimenteer met die maak van sagte sepe maar het nie ‘n idee waar om pot ash te kry nie.. Oral waar ek al gaan vra het weet die mense nie eers waarvan ek praat nie. Ek bly in Vanderbijlpark Gauteng. Dankie weereens vir jou website, as dit nie vir jou was nie, het ek dalk nooit by die punt van seep maak uitgekom nie. Lekker dag.
Hallo Dion
Wat ek eintlik wou vra met my vorige skrywe is of jy of iemand wat hier lees nie dalk ‘n idee het waar om pot ash in die hande te kry nie
Hi, ek is opsoek na n resep vir regtig outydse boerseep. Kan jy my dalk help?
Waarmee kleur jy seep as jy dit maak?
Hierdie is die beste inligting wat ek nog kon kry oor olies en die maak van seep. Hopenlik kry ek gou ‘n adres vir die maak van my eie gesigrome en goed. Ek is hoeka ‘n “sucker” vir boererate en natuurlike produkte. Baie dankie dat jy alles gedeel het. Gerda
Hi. Kan jy my dalk help met n basiese glycerine seep resep. Hoe om dit self te maak. Dankie. Liza
Hallo Liza!
Jong, ek soek self na een! Ek het een keer op een afgekom in ‘n oeroue Afrikaanse kookboek en ek weet dat dit nogal ‘n redelike proses is. Ek sal weer bietjie gaan soek.
Ek dink…neee…ek weet ek ht nou n groot fout begaan. Ek het klapperolie, kasterolie, olyfolie , beesvet gebuik om seep te maak (dis my 2de keer die).
Ek het voor af als reg gemeet en geweeg…die beesvet het ek solied net gesmelt en by regte temp in die bytsodamengsel gegooi. Ek het later besef dat die goed baie vinnig die ‘trace maak’. Kom toe agter d hoev wat ek op d bottel v d bessvet geskryf het…was nie die gewig v d vet voor dit in d bottel gegooi is ni…maar die hoev wat net d bottel weeg. Konklusie…my hele baksel ht ek gemaak ofas ek net d helfde v d beesvet inhet. Hul is in hul vorms gegooi en sal more reg wees (ek hoop). Is my baksel ooit veilig om te gebruik of is dit eintlik nou totaal geflop?
Help!?!?
Dion ek soek raad vir droe hare asb. en maklike seepresep vir hare en vel ook droog. het macadamia olie.avocado olie en flaxseedolie. kan ek dit net so drink ook vir droogheid. baie dankie vir jou hulp. is 74. mooi dag vir julle.
Hi Dion
Ek wil vra vir my kan help met 5kg lavender kan skenk wannt ek is siek kan nie werk nie ek maak badsout en lavenderseep en verkoop dit dan vir ‘n inkomste.Kan ek jou kontak
hi dion
hi ebus
Hi
ek wil net weet of jy my brief ge kry het laat weet my asseblief
Dion
Kan jy my kontak want my email brief wil nie duur gaan nie.
My nommer is 0791530416
Groot asseblief
Grotte Ebus
HI DION
My naam is Ebus Du Plessis: Sel 0791530416
Ek stel belang aan die volgende produkte om te maak en verkoop: handeseep lavender, dagroom, sjampoo seep, borrelbadseep, vloeibare handseep, waspoeier, DION kan jy vir my help om ‘n paar van die bogenoemde produkte aan te stuur date k dit dan verkoop om kon kontant van my maak want ek het geen inkomste nie. Om enige produkte aan te koop of om die bestandele aan te koop nie om die bogenoemde produkte maak endie te verkoop. Kan jy ook se watter vorms . Ek is vir mediese redes af en mag meer vir enige besigheid werk nie , gevolg mediese toestand. Dit is hoekom ek dit bogenoemde produkte wil maak van my woonstel en verkoop om geld bymekaar te maak want die lewe is duur my vrou is alleen wat werk.
Deon kan jy my jou telefoonnommer gee dat jy my kan
Hi Dion
Ek wil net hoor of jy my brief gelees het of jy my asseblief kan help
Hallo Ebus. Ek het, en ek het vir jou ‘n antwoord gestuur.
Voorspoed
Hi Dion
Kan vir my dit weer stuur ek het die antwoord langs die pad verloor
Ebus, ek het reeds weer so paar keer probeer om na jou epos te stuur maar dit bly vir my sê “Mail Delivery Failed”.
Hi Dion
Kan jy my dalk kontak ek kry nie die antwoord of brief nie as jy kan asseblief
Sel 0791530416
Sodra ek kans kry. Ek is heeldag op ‘n bouperseel
Hi Dion
Jammer ek pla jou op ‘n sondag kan jy weer die mail stuur as hy nie duur gaan nie om my te skakel
Hi Dion
Kan jy weer die mail vir my stuur ek hoop my mail is nou reg
Jammer dat ek jou so pla
Hi Dion
Jammer is weer ek kan jy asseblief weer vir my die mail stuur
Goeiemiddag Ebus,
Ek het jou nou al probeer antwoord op al die volgende adresse soos wat WordPress dit weergee op jou kommentaar:
jacobusduplessis@gmail.com
jacobuschrisstoffelduplessis@gmail.com
jacobuschristoffelduplessis@gmail.com
jacobuslduplessia@gmail.com
jacobuslduplessis@gmail.com
jacobusduplessia@gmail.com
Die laaste een het sover nog nie teruggekom na my met ‘n fout nie, so ek het aangeneem dat hy deur is. El wou jou nie hier antwoord nie, maar dit wil blyk asof ek uit opsies is.
Jammer om van jou situasie te hoor. Ek is nie seker hoeveel ek jou kan help nie; ek bly in Oos Londen en maak nou al vir langer as 2 jaar nie meer seep-produkte om deur die pos te verkoop nie. Ek het ‘n geweldige slegte ondervinding gehad met ‘n dame wat letterlik honderde blokke by my bestel het. Ek het dit natuurlik gemaak en gekoerier na haar in Johannesburg, en ek is net vir helfte betaal. Toe ek navrae gedoen het oor die res, het sy my kort gebyt met persoonlike probleme. Ek het nooit weer van haar gehoor nie. Ek maak steeds seep-produkte vir myself en om hier op markte te verkoop, maar ek is bevrees dit is sover ek bereid is om te gaan. Jy is baie welkom om my op die blog te skakel as jy vrae het oor die maak daarvan, en ek kan natuurlik jou besonderhede op die voorblad van die blog pos indien daar mense nader aan jou is wat jou dalk kan help. Laat my asb. hier weet wat jou besluit is.
Groete en sterkte,
Dion
Dion
Help asb. Ek wil begin met di plein boerseep en shampoo seep….. aag ek wil sommer als maak wat gemaak kan word van boerseep. Kan jy asbbb tog vi my resepte stuur….
Byvoorbaat dankie
Carina
Hi Dion
Sal jy dalk vir my seepresepte kan gee? Groot asb.
Dion ek wil ook nou boerseep maakveral om mee te bad en shampooseep.Wat moet ek doen om jou resepte te kan bekom
Hi Dion
Ek is mal oor jou blog!!
Die seepmaakgogga het my gebyt🙈!Ek maak hoofsaaklik boerseep ( beesvet – wat ek in my skoonma se seeppotte uitbraai),want ek is ‘ n boervrou in hart en siel en ek glo ons tradisies moet lewend gehou word!!
Wat ek by jou wil weet is of ek jou sjampoe-seepresep kan aanpas om vloeibare – sjampoe te maak?
Ek hoor graag van jou!!
Susan
Hallo Dion
Ek wil graag bokmelkseep maak. Ek soek resepte asb. Wil dit graag maak vir vriende en familie vir geskenke.
Baie dankie
Groete
Tamara
Dion, hi.
Ek wil graag seep maak met harpuis in, maar ek het geen idee waar om harpuis te kry nie. Kan jy my dalk help?
Dankie
Marieta
Hallo Dion
Kan jy my asb help met n basiese boerseep resep van omtrent so 15 na 20 koekies seep wat ook lekker skuim. Ek is n leek op die gebied maar wil baie graag dit probeer en stel vreeslik belang daarin.
Hallo Deon.
Ek het seker so n jaar gelede toevallig op jou web afgekom en onsettend baie geleer. Ek was genoodsaak om dringend iets te doen om ons behoeftes aan te vul. Ek en my man probeer n bestaan maak op n Karoo plaas en die seepverkope het nogals baie gehelp.
Baie dankie vir al jou raad ek leer nog elke dag iets by
Marieta
Hallo Marieta,
Baie dankie, en jy is meer as welkom. Ek dink op die oomblik is julle beter af daar as wat ons stadsmense is! Groetnis en sterkte aan jou en jou man
Hallo Dion, ek wil graag die regte outydse kouewater metode boerseep maak. (Met Beesvet) Sal die volgende bestanddele reg uitwerk?
3.5kg Beesvet
500g Caustic Soda
2 Liter Water
Of kan jy my resep aanpas asb? Baie dankie
Hi Dion ek het seep gemaak van 2kg beesvet, 250g bytsoda en 1 liter water.
My seep is spierwit, effe aan die bros kant en skuim net ñ bietjie.
Ek het die water en bytsoda afgekoel om ongeveer dieselfde temperatuur van die vet te wees.
Daarna die bytsoda oplossing by die vet gevoeg en vir omtrenr 40 minute geroer tot dit romerig gelyk het maar dit het nie dik soos pannekoekdeeg gelyk nie. Daar was wel ñ bietjie body wat dunner as pannekoekdeeg was.
Is my vehoudings verkeerd of wat doen ek verkeerd?