Feeds:
Bydraes
Kommentare

Die Krappers

Dis vuilgoeddag – al die klein mandjies in die badkamer en slaapkamers word in ‘n groot sak gegooi, daar word by die voordeur uit gestoei en gemik om die potplante te mis en nie die sak oop te skeur nie. Die dag is vrolik en vars, die honde baljaar asof hulle my jare laas gesien het en dou druk-druk van blinknat blare af. Worstel verby die kar, trap amper in ‘n landmyn – skel op die honde – en ontdek dan dat ek die hek se sleutels binne gelos het. Gooi neer, hardloop in, skel op almal wat die sleutels vir my weggesteek het, ontdek dit in my sak, verdwyn stilweg weer na buite, sluit die hek oop, en “surprise!”, daar staan Ta, reg om deur my sorgvuldig-geknoopde sak te krap vir wie-weet-wat.

Onmiddelik is my “rev-counter” in die rooi – die turbo het ingeskop, die waarskuwingsligte is aan en ek is reg om hom ook sommer in die sak in te druk!

Toe ek in die weermag was en op offisierskursus, was ons geleer oor “Revolusionêre Oorlogvoering”. Onder andere het dit gehandel oor hoe die straatlopers, die vuilgoedkrappers en selfs bediendes en tuinjonge gebruik kan word om intelligensie te werf oor huishoudinge. Dink vir ‘n oomblik daaraan; as hulle sorgvuldig deur jou vuilgoed gaan en volledige rekords hou, kan hulle basies vir elke huishouding ‘n tydlyn skep van gebeure – hulle kan volgens weggegooide bankstate vasstel hoeveel jy verdien en wanneer, watter skool jou kind bywoon en presies in watter klas hulle is, maatjies se name, uitstappies weg van die huis af ens. Hulle kan volgens die tipe omhulsels vasstel of jy welgesteld is of nie, of jy skootrekenaars en ‘n internet-lyn het, volgens sneesdoekies kan hulle selfs vasstel of iemand in die gesin siek en weerloos is. Bottels leë drank – hulle kan vasstel of jy gereeld braai en ‘n partie hou, verjaarsdae volgens weggegooide kaartjies en toedraai-papier. Mense, hulle kan selfs presies weet wanneer die vrouegeslag in die huis op hulle maandelikse dinge is. Dink so oomblik aan jou rommel, maar dink so bietjie verder oor die storie wat dit omtrent jou en jou gesin kan vertel.

Is dit dan so onredelik om vies te raak vir hulle wanneer ek hulle vang my dogter se sanitêre doekie hanteer, of deur my “junk-mail” gaan?

Mens moet seker nie die bobbejaan vir elke ding agter die bult gaan haal nie. Meeste van hulle soek die plastiek koeldrank-bottels om in te ruil vir ‘n geldjie en mens kan dit seker eenkant in ‘n aparte sak vir hulle sit. Maar dit help nie eintlik nie – hulle wil nog steeds deur die ander rommel gaan. Ek het nou al gevloek en geskel, warm klappe uitgedeel, die honde losgelaat en geskiet op hulle, maar as ek my maar kan kry is daar ‘n paar vuil hande wat deur my rommel werk. Is dit werklik die laaste uitweg vir hulle? Kan hulle werklik niks werk kry om te doen nie, of is hulle net te donners lui om te werk? Dis mos nou makliker om rond te slenter, deur ander mense se weggooi-goed te krap en so terloops lekker te kan rondkyk wat in die buurt aangaan. Mens is mos maar van nature geneig om hulle te ignoreer, so eintlik kan hulle maar doen wat hulle wil. Mens kan hulle eintlik nie weghou nie – hulle is soos die onvermydelike rysmiere na reën – as jy maar jou gat draai, is hulle daar.

So, wat kan mens doen daaroor. Maar net leef en laat leef? Miskien is ek te agterdogtig, maar as ek ‘n land wou oorneem of by mense wil inbreek en wou inligting oor hulle kry sonder om alarms af te sit, sou hulle rommel beslis een van my beginpunte wees…

Vir die seepmakers

Ek het heelwat opgedateer en bygevoeg op die seep-bladsye vir die mense wat belangstel. Ek sal binnekort baie meer resepte plaas, asook resepte vir die warm kook-metode van seepmaak. Gaan kyk so bietjie!

Oos London vloede

Almal het seker al op die nuus gesien dat ons dorpie-by-die-see alweer onder die geweld van die elemente deurgeloop het. Ons was nog besig om te herstel van die laaste vloed so drie weke gelede, die een wat die Oos Kaap se droogte genadiglik gebreek het. Damwalle het met meer as 2.5m oorstroom en riviere het gestyg met amper 4 meter. Mense langs die rivier se huise het oorstroom en boothuise en jetty’s het op die strand opgeëindig. Die middag toe ek na die rivier gaan kyk het, kon ek byna nie parkering kry nie, daar was soveel mense wat oopmond en met klikkende kameras die vloedwaters aanskou het. Gelukkig het dit daardie keer oor so paar dae gereën – die slag het als in omtrent een uur geval.

Dit het Sondag alreeds begin motreën en Dinsdag oggend vroeg was dit maar nog steeds toegetrek. Die Irishman was so 6:30 al op – toe was dit nog stil buite. Van 6:45 het die wind sommer skielik opgesteek en teen 7:00 het ons gedink die dak gaan afkom. Die Engele was so bang, hulle het by ons in die bed kom klim. Dit het vir meer as ‘n uur so aangewoed, so erg dat ons amper nie die bure deur die digte reën kon sien nie. Ek het so middeldeur als afgestap om te sien of die res van die huis nog staan – die trappe af was nat van water wat eenvoudig deur die toe vensters gedryf was deur die wind, en aan die onderkant van die trappe het ek in enkel-diep water ingeklim. Die motorhuis was onder water!

Buite het die water in strome van ons grasperk teen die motorhuis opgedam, die geute was afgeruk deur die wind en die kanale voor die motorhuis kon eenvoudig nie die massas water hanteer nie. Ek het ‘n baadjie aangetrek en probeer om die kanale verder oop te maak. Die water was soos yswater – my voete en bene het sommer so gepyn van die koue en na ‘n minuut in die water kon ek nie meer my vingers voel nie.

Om ‘n lang storie kort te maak – die water wat deur die vensters gedryf was het die kinders se klein skootrekenaars beskadig, Engel 1 se DVD-masjien en die Irishman se rekenaar wat sy vir haar werk gebruik het. Al my borde en tops wat ek vir die nuwe kombuis gekoop het is daarmee heen en ons is besig om kwotasies te kry om die geute reg te maak – alles saamgevat, sowat R25 000 – R30 000 se skade. Ons het eintlik lig daarvan afgekom, soos wat julle in die volgende foto’s sal sien:

Beslis nie die enigste boom wat omgeruk was nie.

 

Krieket veld onder water.

 

Die "subway" onder die treinbrug deur, van Vincent na Cambridge. Die ou het homself bietjie misgis...

 

Dis hael (of growwe sneeu, niemand kan beslis sê nie) wat so dryf.

 

Dit lyk amper soos Barkley Pas met die sneeu...

 

Een van ons winkelsentrums (Vincent Park) se ingang.

 

Dieselfde ingang. Hael? Sneeu?

 

Dit was heeltemaal van sy trollie af...

 

Roltrappe buite werking binne die sentrum...

 

Die arme Wimpy kon net "iced tea" vandag aanbied...

 

Oppiekoffie...

 

Sentrum binne, onder water.

 

Insluitende myself, dink ek daar is heelwat mense in ons dorpie wat nie hierdie jaar hulle “outbonus” gaan kry nie…

Ekseem – ‘n opinie.

Ek was nog altyd bietjie sku om iets oor ekseem te skryf, maar deur my seep-bladsye het ek alreeds soveel navrae gehad oor ekseem en ek het werklike meegevoel met mense en hul kinders wat daaronder ly, fisies sowel as geestelik.

Ek wil uit die staanspoor bevestig dat dit ‘n mediese probleem is en ek is beslis nie ‘n veldokter nie. Ek sal slegs feite weergee sover my kennis strek en dan my eie logiese opinie gee oor rate wat probeer mag word. Ek weet nie en/of voer nie aan dat ek weet hoe om ekseem te genees nie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir middels wat nie werk nie, wat gaan volg is slegs opinies en voorstelle wat ek self sou probeer, sou ek ook aan ekseem gely het.

Met dit uit die weg, wat is EKSEEM?

Ekseem is ‘n tipe dermatitis, of inflammasie van die epidermis, of eksterne lae van die vel. Sowat een uit nege persone het alreeds gely aan ekseem, of doen so steeds. Ekseem is ‘n breedvoerige term wat ‘n hele reeks velkondisies beskryf. Dit sluit in droogheid en aanhoudende veluitslag gekarakteriseer deur een of meer van die volgende simptome: rooi vel, swelling, jeukerigheid en droogheid, verkorsing, afskilfering, blaserigheid, krakerigheid, syfering of bloeding. Daar mag dalk verkleurde areas op die vel verskyn en is partykeer die gevolg van geneesde beserings aan die vel. Die oopkrap van ‘n genesende beskadiging kan letsels veroorsaak en mag ook die uitslag vergroot of vererger.

Daar is ‘n wye verskeidenheid tipes ekseem en dit word hoofsaaklik gebasseer op geskiedenis en fisiese ondersoek. Ek gaan nie die tipes noem hier nie, maar wel dat sekeres ‘n droë vel-probleem is, sekeres word veroorsaak deur ‘n bakteriese infeksie, sekeres deur ‘n “te skoon” omgewing (Ja, jy’t reg gehoor. Blootstelling aan normale bakterië help om die immuun-sisteem te verstewig en is veral belangrik tydens jong ontwikkeling) en sekere ekseme kan ook veroorsaak word deur slegte dieët of ‘n allergie teen stof-mites se uitwerpsels (mooi word vir stront!). Daar word wel sterk aanbeveel dat mense wat aan ekseem ly, nie die “smallpox” inenting moet kry nie, aangesien dit tot die ontwikkeling van “eczema vaccinatum” kan lei, wat ‘n baie erge en moontlike fatale gevolg mag hê.

Medies is daar geen genesing van ekseem nie, behandeling word alleen gemik om die simptome te verlig deur inflammasie en jeukerigheid te verminder.

Nou wil ek ‘n redelik waaghalsige stelling maak: ek het al gelees van mense wat hulself van ekseem genees het deur die regte eetplan, velsorg, higiëne en geduld toe te pas, so ek dink dis ‘n pot nonsens. Ons stelsels is geskep om hierdie tipe van dinge die hoof te bied met die regte ondersteuning en aansporing, so kom ons mik na genesing terwyl ons die simptome verlig. Hoekom nie – dit behoort mos die doel van enige behandeling te wees, of hoe?

Behandeling:

Kortikosteroïdes word algemeen voorgeskryf, of dit nou in stroop-vorm vir kinders, inspuitings, pille of salwe is. Die toediening van salwe word gewoonlik aanbeveel in ligte gevalle en mag dalk nie sulke erge newe-effekte hê as die strope, pille of inspuitings nie, wat in meer ernstige gevalle voorgeskryf word. Dis juis as gevolg van die newe-effekte dat enige middel wat kortikosteroïdes bevat, net gebruik moet word oor ‘n kort tydperk om ‘n skielike uitslag te behandel en beslis nie oor ‘n langer tydperk nie.

Newe-effekte sluit in:

  • Verdunning van die vel oor die behandelde area.
  • Sterk steroïdes op groter areas word geabsorbeer enkan”hypothalamic-pituitery-adrenal axis suppression” veroorsaak. Gaan lees maar self wat dit beteken.
  • Onderdrukking van ons immuun-stelsel indien dit sonder antibiotika of anti-swam middles gebruik word, wat kan lei tot sekere vel infeksies (swamagtig of bakteries).
  • As dit in aanraking met die oë kom, kan dit glaucoma of katerakte veroorsaak.

Ander middels wat voorgeskryf kan word is immuniteit-onderdrukkers (ek dink ons kan almal dink watter probleme dit kan veroorsaak) en middels wat jeukerigheid verlig. Die sluit antihistamiene en hidrokortisoon in, wat elk hul eie newe-effekte het. Baie van die voorgeskrewe middels vir ekseem is eintlik bedoel vir ander mediese kondisies, maar daar is gevind dat hulle ook effektief teen die simptome van ekseem is.

Hier kom nou weer nog ‘n waaghalsige stelling: Dit klink vir my te veel na dobbel. Ek wil beslis nie dat my kind blootgestel gaan word aan so-iets nie.

Al ander alternatief is natuurlike middels, en dit is alleen met die gebruik van natuurlike middels dat gevalle van genesing wel al voorgekom het. Ek weet nie van julle nie, maar dit gee my meer hoop as bloot net die simptome behandel.

Kom ons kyk wel eerste na die natuurlike behandeling van die simptome. Ekseem word natuurlik vererger deur droogheid van die vel. Vel-bevogtiging is dus een van die belangrikste self-behandelings. Deur die geaffekteerde areas bevogtig te hou kan genesing van die vel aanhelp en simptome verlig. Eerste ding wat almal aanbeveel is: bly weg van seep en harde opwasmiddels. Ek sou voorstel: gebruik net die regte seep. Winkel-seep is uit. Koop seep wat jy weet van natuurlike olies gemaak is, of maak jou eie. Dis baie goedkoper en beslis nie so moeilik of morsig as wat jy dink nie. Onthou, jy wil olie terugsit op jou vel, so soek vir ‘n seep wat olyfolie, amandelolie, druiwesaadolie, avokado-olie, makadamia-olie, shea butter en sulks bevat, asook botaniese olies soos Tea Tree, Rooibos tee, vitamiene E, Ylang ylang ens.

Vervang ook nie net jou seep nie, maar jou sjampoe ook.

Verminder bad-tyd en vermeerder stort-tyd. As jy regtig wil bad (in die winter is ‘n bad mos veral lekker!), maak vir jouself ‘n natuurlike bad-olie uit mengsels van die bogenoemde olies en botaniese olies of reukolies. Klim in die bad en week jouself eers vir vyf minute voor jy die bad-olie ingooi. Dit help dan om die natuurlike bevogtiging op jou vel in te “sluit”. As jy gestort het, vra iemand om jou te help of doen dit self, maar masseer daardie olie goed in jou vel in so kort moontlik na die stort, selfs nog voor jy afdroog. Onthou, rome soos aqueous is nie skadelik nie en word lekker vinnig geabsorbeer maar het meer toedienings nodig juis as gevolg daarvan. Toets verkillende olies op jou vel en vind so uit hoe vinnig jou vel dit absorbeer sonder dat jy soos ‘n vetgesmeerde blits lyk! Tensy dit dalk jou en manlief of vroulief se “ding” is (ek wil nie weet nie!). Gee jou hare ‘n klapper “hot-oil-treatment” maar konsentreer meer op jou kopvel. Kyk of jy op die internet vir jou 100% organiese shea butter kan bestel of dalk hou jou apteek of gesondheidswinkel dit aan. Dis duur maar so die moeite werd, so jy kan dit òf spaarsamig op jou vel gebruik, òf met jou bad (of vryf!) olies meng òf gebruik as ‘n weelderige toevoeging by jou seep.

Harde of sagte water het geen merkwaardige uitwerking op ekseem nie, maar ek sou aanbeveel dat jy die pH van jou water toets en regstellings maak indien nodig. Water met ‘n te hoë suurgehalte kan versag word met koeksoda of asyn. Alkaliese water is goed vir jou vel.

Vermy asseblief enige winkel-middels wat grimering afhaal. Dit mag dalk op die omhulsel noem dat dit hypoallergenic of medies getoets is, maar sulke stellings word nie gereguleer nie. Gewone boerseep (uit beesvet gemaak) haal grimering fantasties af en doen jou vel geen skade nie. Jy kan tot ‘n koek daarvan gebruik om hardnekkige vlekke in jou wasgoed mee te vryf, of oprasper en as waspoeier gebruik, of die gerasperde seep meng met water en as opwasmiddel gebruik. Jy kan dit natuurlik geur met enige ding wat jou hart begeer – dit ruik nie soos kookvet nie.

‘n Effense lewensstyl-verandering mag ook help. Vermy matte in kamers – dis ‘n broeiplek vir stof-mites en sulks. Kyk ook na goeie ventilasie sonder om goeie humiditeit prys te gee.

Wou jy nie nog altyd ‘n goeie bruin sonbrand hê om mee te spog nie? Hier is tot ‘n “tanning salon” op ons klein dorpie-by-die-see, so ek is seker dat jy iewers sal regkom. Ultraviolet-bestraling is ‘n goeie behandeling in lae dosisse, onthou net om aan te hou om die olies tussenin aan te smeer!

Kies versigtig wat jy eet en wat jy aan jou kinders voorsit. Kosse wat ekseem kan vererger verskil wel van persoon tot persoon, maar vermy meer suur-kosse soos beesvleis, hoender en varkvleis en eet meer vis. Dit bevat “fatty acids” wat baie goed vir jou is. Jy wil goed eet wat veral hoog is in omega-3 poli-onversadigde vette, en laag in omega-6.

Vermy suur vrugte soos lemoene, pynappels en sulks, asook sekere neute en natuurlik brood gemaak uit suurdeeg. Mens kan heerlike brode maak wat ander rysmiddels as suurdeeg gebruik (soos koeksoda of karringmelk of bier). Jy wil eintlik jou hele dieët verander na proporsies van 75% alkali-kosse teenoor 25% suur-kosse, dan is jy op die regte pad.

Kry vir jou vitamiene D3 by die apteek. Terwyl jy daar is, kry ook sommer visolie kapsules, of nog beter; garnaal-olie kapsules. Hulle help om die ontwikkeling van beskermende natuurlike olies op jou vel te bevorder.

Probeer om op te hou krap! Dis bewys dat krap naderhand ‘n gewoonte word, en dit vererger die beskadiging van jou vel.

Ek en Engel 2 het al self klein kolletjies ekseem gekry. Ek het vermoed dat dit meer ‘n swam-tipe ekseem was. Ek sou glad nie die behandeling aanbeveel nie, maar dit het wel 100% vir ons gehelp: ek het die kolletjies gekrap met ‘n lemmetjie reghoekig teen die vel gehou, sonder om die vel te breek, tot dit effe rou was. Toe het ek dit ingevryf met olyfolie en Tea Tree olie gemeng, tweekeer per dag. Na twee weke was dit onsigbaar en het nie teruggekom nie. Drasties, maar effektief. Ek dink wat ek probeer sê is: kyk deur als en probeer verskillende dinge totdat jy kry wat vir jou help en werk.

Voorspoed!

Hoe doen ons dit?

Engel 2 se mond hang nou die aand oop en haar twee saffiere was vol verwonderde vraagtekens: hoe doen ons dit? Hoe kan ek en die Irishman in een asem redekawel oor ‘n ding of vies uitspreek, en in die volgende asem liefdevol en besorg teenoor mekaar wees?

So bietjie agtergrond: Ek ontleed nie dinge ad nauseum nie. Dinge is gewoonlik òf reg òf verkeerd. Ek “laaik” jou stukkend, of ek “laaik” jou niks. As ek verkeerd was, bied ek ‘n verskoning. As ek reg was, eis ek een. Ek sal iemand nou ‘n skud gee om hom reg te help, en minute later sal ons saam ‘n vuur aansteek om te braai. My strewe is om nie die lewe te kompliseer vir myself en ander nie. Ek het dit nie voorheen probeer toe ek jonger was nie en dit werk nie so kwaai uit nie…

Terug na Engel 2 se vraag; ek het eers nie geweet hoe om te antwoord nie. As ek en die Irishman sulke dinge doen, dink ons nie eintlik daaroor nie, dis nou maar net hoe dit is. Liefde en vertroue kan nie afgetakel raak deur ‘n rusie oor alledaagse dinge nie, dis mos sterker en sal altyd seëvier aan die einde. Daar is soveel wat beweer dat liefde nie bestaan nie, of dat dit blind is, of iets anders aftakelend. Liefde vir ons is eintlik als. Dis vir my soos brandewyn; dit het nie brieke nie en stuit nie vir opdraandes nie. Ons het lank gelede besluit dat ons nie sal gaan slaap terwyl daar nog slegte woorde tussen ons is nie, en dat ons ook geen geheime van mekaar sal hou nie. Vir my, in elk geval, voel dit nou werklik of ons soos een kan dink en doen, soos dit mos moet wees. Ons kan partykeer baklei dat die katte se sterte so dik wol staan en die hond by jou broekspype wil opklim, en dan sal ek vra of sy wil koffie hê en sy sal antwoord: dankie, dit sal lekker wees. Dan sal ons oorslaan na lekker dinge en saamstem vir ‘n slag. Intussen staan die twee Engele ons oopmond en aanstaar…

So, hoe antwoord ek toe? Ek wou eers haar beïndruk met een van my persoonlike slagspreuke – goeie oordeel kom van ervaring, en ervaring kom van slegte oordeel. Ek besluit toe maar op die eenvoudige samevatting van die bogenoemde (sonder om als oormatig te ontleed) : dit is hoe ons sien ‘n huwelik moet wees. Dinge word oor gepraat en daar word geen kwade gevoelens oorgehou nie. Kry dit uit, kry klaar en “get over it”. Ou Irishman – ons ou “normale” huwelik blyk ‘n trotse wenner te wees as ons kinders dit begin opmerk!

Ons nuwe realitiet

My oudste het druk die naweek gewerk aan ‘n skooltaak, naamlik ‘n kort film produksie. Die uiteindelike naam was “Double Murder” en ek was heel verbaas hoe goed sy die hele ding aanmekaar geflans het. Sy het self die draaiboek geskryf en vriendinne, sussie en selfs ma en pa ingetrek as akteurs.

Dit het gehandel oor ‘n passie-moord, die polisie-ondersoek agterna, die soeke na die skuldige en laasgenoemde se selfmoord. Van die aksie was skreeusnaaks en reguit uit Hollywood, vanaf “NYPD, open the door!”, “This is going to be a lot of paperwork…” om maar net enkeles te noem. Daar was tot nagemaakte bloed aan die slagoffer, heen-en-weer telefoongesprekke met hoofkwartiere, besprekings van bewysstukke en bewapende inskop van deure, net om die aksie realisties voor te laat kom, en natuurlik roerende drama deur baie toegewyde aktrises!

Dit het my agterna weer laat dink hoe gedesensiteerd ons kinders geword het. Ek sou nie sê dat ons hulle toelaat om elke liewe fliek te sien nie – ons gebruik ons oordeel op die inhoud en die voorgeskrewe ouderdomsperke, maar hulle het al almal ‘n Hollywood moord, lyk met bloed en ander geweld gesien. My oudste, veral, dink nie veel oor ‘n dooie dier of selfs mens nie, tensy dit baie naby aan die “huis” is, en dit maak my nogal bekommerd. Ek het self al werklike skietwonde, brandwonde, meswonde, drenkelinge en ander slagoffers gesien, en dit is nie dinge wat jy wil hê jou kinders moet sien nie. Maar hoe stop ons hulle, kort van hulle verbied om enigsins iets op TV te kyk, of ‘n fliek te sien? Hulle kan dieselfde dinge in die biblioteek se boeke ook gaan oplees as hulle wil – daar is geen sensorskap daaroor nie, behalwe hulle verbied om die boeke huis toe te bring.

Ek dink mens moet maar net wakker wees. Dit help nie om soos ‘n valk oor hulle skouers te loer die heeltyd nie, maar mens kan jouself bewus maak van boeke, flieks en rekenaar-speletjies se inhoud en objektief ‘n besluit maak of dit vir hulle beskore is. Ek dink mens moet ook so skelme ogie hou oor waarmee hulle hulself besig hou sonder dat hulle daarvan bewus raak. Mens kan dan probeer om hulle subtiel van sekere dinge weg te lei.

Ek dink selfs gisteraand, nadat ek Saterdagaand ‘n baie helder sateliet of komeet gesien het – ons volwassenes is self ook maar net so gedesensiteerd. Die regering voeg fluoried by ons drinkwater, kamtig omdat die “massas” nie tandepasta kan bekostig nie, sonder om te noem dat dit giftig is; dat dit kanker veroorsaak, dat dit in kommersiële insekdoder gebruik word en dat Hitler fluoried in drinkwater gebruik het om die massas te passifiseer en meer indrukbaar te maak. Ons drink maar net die water – wat anders kan ons nou doen?

Korrupsie het so alledaags geword dat ons nie meer ‘n wenkbrou lig as iemand daarvan aangekla word, hy ‘n verskoning maak en hy weer aangestel word nie. Jaagduiwels en ander idiote stel daagliks ons lewens in gevaar, maar ons laat hulle maar net toe om voor ons in te druk, ons voertuie te beskadig en ons infrastruktuur op te foeter. Jong meisietjies van 8 en nege kry alreeds hulle maandstondes as gevolg van al die groei-hormone in winkelhoenders. Ons kinders sit met allerhande allergieë en kwale as gevolg van al die chemikalië in ons verwerkte kos en die insekdoders gebruik op ons sappige, vars groente, maar ons doen niks. Elke tweede kind is op Ritalin – wat het van bloot aktiewe kinders geword wat mens besig hou met sport en ander aktiwiteite? Is ons dan so lui? Petrol, kos, behuising en belasting gaan feitlik maandeliks op. Almal kla, maar niemand doen daadwerklik iets daaroor nie, ons kyk maar net noord en foeter voort. Daar is soveel flieks uit deesdae oor rampe wat ons lewenswyses gaan verander of ruimtemannetjies wat ons wil aanval – wie gaan nou ‘n oog knip as dit môre skielik gebeur, of daar is ‘n oorlog tussen ons Suid Afrikaners oor politiek en ‘n ander groep kom môre aan bewind? Ons is mos nou al goed geïndoktrineer en reggemaak daarvoor. Dis bietjie tyd dat ons oë oopgaan en dat ons bietjie om ons begin rondkyk.

Elke diertjie…

Ek kan my verwonder aan mense. Sommer partykeer die mensdom in die algemeen. Ek is telkemale dronkgeslaan dat ons spesies enigsins van handeviervoet opgestaan het en intelligent met mekaar kon begin kommunikeer het. Ons het darem maar eienaardige mense wat hier in die gewone aardse lewe onder ons rondsluip. Ek praat nou nie net van politikuste, wetmakers, Amerikaners en BMW-bestuurders nie, sommer net ons algemene samelewers. Mense wat dienste aan ons verrig, ons kinders opvoed en langs ons in die winkelsentrums verbyloop.

Ons almal het ons vriende, sommiges beter as ander, maar ek dink ons almal is maar oor die algemeen op die uitkyk om ander interessante mense te ontmoet, hetsy net as bekentenisse oor die internet, ‘n penvriend miskien, of dalk per ongeluk in persoon op die straat. Ek dink dis ons soeke dat ander ons ook interessant genoeg sal vind om met ons ‘n geselsie aan te knoop of dalk beter vriende sal word. Ek kyk so kort-kort op die internet na penvriende. Ek het ‘n goeie vriendin in Denemarke wat alreeds vir ons kom kuier het; ek dink ek het dit al in ‘n vorige pos genoem.

Maar my magtig, soek vir penvriende of vriendskap op die internet, en jy kom onvermydelik af op die “dating scene” en dinge is beslis nie meer dieselfde as toe meeste van ons ge-“date” het nie! Hier is so paar uittreksels uit advertensies wat geplaas is – sommiges kan mens maar net jou kop skud, sommiges is goed vir ‘n lag, en eintlik moet mens meeste seker jammer kry. Hoe hard moet mens jou eienskappe, bevoegdhede en loodgieterswerk adverteer om ‘n bietjie opwinding te verkry, wanneer dit soveel beter is om REGTE mense daar buite te gaan ontmoet in die vlees? Is mense waarlik so desperaat en onvindingryk?

  • HAVE YU EVER HAD AN ORGAMS OR HAVE YU EVER CRY FOR MORE IF NOT .TRY ME YU WILL NEVER REGRET WAT YU R GOING TO DO NOW .I AM A BODY BUILDER AND A PART TIME MODEL WITH A SIX PACK AND A BIG C*** JUS FOR .YU (Nou-ja, ek kan ook nie sê dat ek al ooit ‘n “orgams” gehad het nie, klink interessant… Die advertensie noem ook nie of die outjie skool klaargemaak het nie, miskien sou sy spelling en grammatika so bietjie beter gewees het. En sixpacks is ou nuus boetie, hierdie oom het ‘n “magnum”! Size matters!)
  • 35 yr old white guy desperatley searching for a Dominant take charge Black Woman to serve and worship NSA on a regular basis. Let me be your own personal white sex slave to USE anyway you wish. Train this white boy how to pleasure a Superior Black Madame……..use my white mouth please…….very serious, genuine add 😉 I know you must be out there, please get hold of me – urgently. I am available Mon to Fri 8 to 17…….. (Klink of die mannetjie so bietjie apartheid-skuldgevoelens het, “desperatley” eksê… Lees skool klaarmaak in die vorige advertensie.)
  • Im an energizer (naw, ou nuus weer, ek’s ‘n EVEREADY!) and health man with small prick but perform like sword.Taste it you will be seeking for it always.And its not size that matters but the functionality and the skill that matters. (My maggies, die man het dit op die internet erken… Wel, buiten sy ander goeie eienskappe weet mens ten minste dat hy eerlik is! Hmm, daai “sword” klink vir my baie soos daai ding van “steek, maar moenie doodsteek nie”…)
  • Tall light skinned young lady. Nice size chest, i think, a lil small but well proportioned to body. Think theighs. I’m a freak what more can i say. If there is anything else that you need to know just ask. Holla @ me. Looking for nice man slim to cuddly build. Prefer tall but not a must and is willing to satisfy my needs almost on call. lol sike naw open for apps. (Jinne, ek dink enige iemand met “theighs” moet maar vir die sirkus gaan werk. Klink ook of sy laaik om op geskree te raak (Holla @ me). Is dit nou ‘n nuwe gier of wat? Die heel laaste sin weet ek wragtig nie wat dit beteken nie, so moenie eers vra nie!)
  • Im a **** (umm, donnerse?) 25 year old , professional independant women. I am not looking for a relationship,just longing for some extra oomph to my life. I am witty and adventurous . Looking for a man to keep me up and **** (umm, fed?) at night when my fiance is away. (Hallo? Mr. Delivery, vrou! Dan sal jy nie ander ouens nodig hê as die honger jou pak in die middel van die nag nie. Ek kan al sien waarheen hierdie huweliksbelofte oppad heen is…)
  • Im **** and freaky as hell. I wanna meet some people off of here and ****. I never been with a female but I wanna be with one soooo bad. Looking for a freaky female and male to have a **** with. (Toemaar, ek’s net so uitge-“freak” op die oomblik. Hou vas terwyl ek gou so bietjie gaan lê tot die gevoel verby is…)
  • im a tall long leg woman…with size D **** (umm, shoes?) and a wet hot ****! (umm, bath?) im looking for someone to wrap my long legs around and **** (umm, shampoo?) my pretty **** (umm, hair?)…and giving me all of that long hard smooth **** (umm, soap?)…who doesnt mind some good wet hot **** (umm, vegetables?)! (Mens moet seker maar jou verbeelding met die een gebruik. Klink maar vir my of sy ‘n huishulp en haarkapper nodig het…)
  • i love to eat **** (umm, biltong?) also i am into **** (umm, rugby?)more than guys but i love to get **** (umm, taken?)out . (Hel, op hierdie stadium klink dinge nog goed!) i want sum 1 who can make me feel good and is willing to let me get to kno her (Daar val die wiel af en rol suid, asook die skool-klaarmaak-kwessie…)

Wat het geword van stappies op strande, jou maat op jou hande dra, hande vashou, vry, selfrespek en eerlikheid? En skool klaarmaak? Is ek wragtig so agter die tyd, (miskien so vol stront?) of het ek nou maar net in ‘n ander era grootgeword? Is die lewe werklik so vervelig vir party? Ek wonder hoe my eie advertensie daarna sal uitsien: “Doodgewoon, nog net een vorige eienaar, heelwat myle, arm maar warm, moenie worrie nie, ek sal jóú betaal!”