Ek is al heelwat gevra om lyste op te sit aangaande die hoeveelheid kos ens. om op te gaar. Alhoewel dit goed is om op te gaar vir lang tydperke is dit raadsaam om altyd eerste te kyk na korttermyn, aangesien jy jouself dalk ver weg van jou gebergde voedsel mag bevind wanneer die mis die waaier tref. Die keuse is nog steeds elke eie persoon s’n, maar die volgende lyste verkry van die Suidlanders se webwerf lyk nogal baie goed en net die voedsel is iets wat mens redelik klein kan verpak:
VOORGESTELDE RUGSAKINHOUD |
|||||
ALGEMEEN |
|||||
Stappersrugsak | Voedselvoorraad | Bybel | |||
Slaapsak en kombers | Kompas | Wapen skoonmaakstel | |||
Grondseil | Flits | Klein skroewedraaiers | |||
Waterbottels – 2 liter | Muskietkers | Nylontou | |||
Mes, vurk, lepel | Grafie | Binddraad | |||
Knipmes | Braairooster | Tang / Kniptang | |||
Blikbord (Dixie) | Stofie | Saag (“Rope saw”) | |||
Blikbeker (Fire Bucket) | Pen en papier | Staalwol / Potskuurder | |||
Vuurhoutjies / Aansteker | Rookgoed | Kontant | |||
EERSTEHULP EN TOILETWARE |
|||||
Verband | Persoonike medisyne | Keelseer suigtablette | |||
Pleister | Pynpille | Sonbrandmiddel | |||
Ontsmetmiddel | Lakseermiddel | “Lip-ice” | |||
Skêr en naelknipper | Gastro medisyne | Watersuiweringstablette | |||
“Tweezer” | Vitamienaanvulling | Tandeborsel en -pasta | |||
Haakspelde | Oogdruppels | Toiletpapier | |||
Naald en garing | Insekbytmiddel | Seep (met citronella) | |||
Swart plastieksak | Insek afweermiddel | Spieël | |||
KLERE |
|||||
Stapskoene (ingeloop) | Wolmus | Onderklere (katoen) | |||
Reënbaadjie | Wolkouse | Sonbril | |||
Warm baadjie | Hemp (katoen) | Leerhandskoene | |||
Sonhoed | Langbroek (Denim) | Sakdoek | |||
VOORBEELDE VAN VOEDSELVOORRAAD VIR DIE RUGSAK |
||
BESKRYWING |
1 DAG |
5 DAE |
Droë vrugte / Suikervrugte / Vrugterol |
50g |
500g |
Beskuit |
3 |
15 |
Graankos / Pronutro mengsel |
80g |
500g |
Suiker |
10g |
50g |
Sout |
5g |
25g |
Biltong / Droëwors (Vakuumverpak) |
100g |
500g |
Koffie |
5g |
25g |
Teesakkies |
3 |
15 |
Melkpoeier |
50g |
300g |
Energiestafies |
1 |
10 |
Glukose lekkers (Of Clifton koeldrankpoeier) |
1/2 rol |
3 rolle |
Kitssop |
1 pakkie |
6 pakkies |
Kondensmelk |
1/2 blik |
2 blikke |
Ek sal nou miskien hierdie lys neem en dit as ‘n basis gebruik om my eie saam te stel met my eie, soortgelyke keuses en voorkeure vir sekere dinge. Ek dink natuurlik dat melkpoeier oorbodig is wanneer kondensmelk saamgebring word, en andersom. Ek sal ook eerder ‘n panga wil saamdra ens. maar die lyste is ‘n baie goeie beginpunt. Ek sal binnekort volg met lyste vir langer tydperke se oorleef.
Hi Daar het jy al Neil Strauss se boek emergency gelees. Een van die goed wat hy voorstel is dat jy, meeste van die goed wat jy hier noem in ‘n digte seelbare houer sit, en dan op ‘n paar plekker gaan begrawe waar jy moontlik heen sal kan vlug, die inhoud moet so ‘n 3 jaar leeftyd he as ek reg is. dan het jy net ‘n ligte BOB (bug out bag) nodig, om te gryp tot jy by jou Stash kom.
Hallo Elmo,
Dankie vir die inloer! Nee, ek het nog nie “Emergency” gelees nie, maar ek gaan dit nou opsoek. Die “bug out bag” stryk met al die ander inligting wat ek opgegaar het, so dit is goeie raad. Ons hou al ‘n sak met blikkieskos in sommer in die kar se kattebak, wat ons dan elke kort-kort omruil met “jonger” blikkies, dan is ons verseker om ten minste iets te hê as ons gestrand is, en daar is so paar ander soortgelyke sakke op ander plekke weggesteek. Voorspoed met die voorbereiding!
Groete
Dion
Goeiemore….kan u my asseblief die resep voorsien hoe om MIELIEMEEL te berg in 2l Coke bottels??
Hallo Venetia.
Die beste manier is om die meel oor groot oondpanne te strooi en in ‘n oop oond soos beskuit te droog. Maak seker dit kook of brand nie. Buiten die verdroging steriliseer dit ook jou meel van enige peste. Dan moet jy die bottels so vol as moontlik kry, dit toemaak en dan fries, maar almal het nie altyd soveel friesplek nie. Een ander oplossing is om ‘n spasie te los aan die bokant van die bottel en dan so ertjiepit-grootte stuk droë ys in te sit. Dit gee koolstof-dioksied af wat nie skadelik vir die meel is nie, maar verhoed dat enige peste oorleef. Dan kan jy die bottels net stapel in ‘n droë plek.
Hoop dit help?
Hi Deon. ‘n Mens kan ook ‘n kers in die houers met jou meel sit om te verseker dit bly langer goed. Jy kan meel, rys, suiker, ens so vir maande stoor. Ek doen dit. Iets wat ek by my ouma geleer het.