Engel 2 se mond hang nou die aand oop en haar twee saffiere was vol verwonderde vraagtekens: hoe doen ons dit? Hoe kan ek en die Irishman in een asem redekawel oor ‘n ding of vies uitspreek, en in die volgende asem liefdevol en besorg teenoor mekaar wees?
So bietjie agtergrond: Ek ontleed nie dinge ad nauseum nie. Dinge is gewoonlik òf reg òf verkeerd. Ek “laaik” jou stukkend, of ek “laaik” jou niks. As ek verkeerd was, bied ek ‘n verskoning. As ek reg was, eis ek een. Ek sal iemand nou ‘n skud gee om hom reg te help, en minute later sal ons saam ‘n vuur aansteek om te braai. My strewe is om nie die lewe te kompliseer vir myself en ander nie. Ek het dit nie voorheen probeer toe ek jonger was nie en dit werk nie so kwaai uit nie…
Terug na Engel 2 se vraag; ek het eers nie geweet hoe om te antwoord nie. As ek en die Irishman sulke dinge doen, dink ons nie eintlik daaroor nie, dis nou maar net hoe dit is. Liefde en vertroue kan nie afgetakel raak deur ‘n rusie oor alledaagse dinge nie, dis mos sterker en sal altyd seëvier aan die einde. Daar is soveel wat beweer dat liefde nie bestaan nie, of dat dit blind is, of iets anders aftakelend. Liefde vir ons is eintlik als. Dis vir my soos brandewyn; dit het nie brieke nie en stuit nie vir opdraandes nie. Ons het lank gelede besluit dat ons nie sal gaan slaap terwyl daar nog slegte woorde tussen ons is nie, en dat ons ook geen geheime van mekaar sal hou nie. Vir my, in elk geval, voel dit nou werklik of ons soos een kan dink en doen, soos dit mos moet wees. Ons kan partykeer baklei dat die katte se sterte so dik wol staan en die hond by jou broekspype wil opklim, en dan sal ek vra of sy wil koffie hê en sy sal antwoord: dankie, dit sal lekker wees. Dan sal ons oorslaan na lekker dinge en saamstem vir ‘n slag. Intussen staan die twee Engele ons oopmond en aanstaar…
So, hoe antwoord ek toe? Ek wou eers haar beïndruk met een van my persoonlike slagspreuke – goeie oordeel kom van ervaring, en ervaring kom van slegte oordeel. Ek besluit toe maar op die eenvoudige samevatting van die bogenoemde (sonder om als oormatig te ontleed) : dit is hoe ons sien ‘n huwelik moet wees. Dinge word oor gepraat en daar word geen kwade gevoelens oorgehou nie. Kry dit uit, kry klaar en “get over it”. Ou Irishman – ons ou “normale” huwelik blyk ‘n trotse wenner te wees as ons kinders dit begin opmerk!
Ja! Dis BESLIS ‘n wenner as ek dit so bekyk.
hey skies om te pla maar ek is op soek na n resep vie bebruikte seep as jy my dalk kan help sal die bie gaaf wees byvoorbaad dank marika
Hallo Marieka,
Kyk gerus hier deur die antwoorde – ek het al ‘n lekker resep vir gebruikte seep gegee. Dis maar net ‘n kwessie van rasper, hersmelt in ‘n pot met ‘n klein bietjie kookwater en enige vars byvoegings of botaniese olies kan daarby gebruik word. Ek hoop jy kom reg!
Julle het ‘n WEN huwelik!!!
jammer ek was so lanklaas hier !!!!
Dankie!
Hmm, ja, jy was lanklaas hier… Ek is natuurlik een om te praat – ek het so bitter lanklaas iets hier geskryf dat mense seker al begin dink het dat ek die land uit is! Ek sal moet plan maak…
D
nee man ek was nog besig om te tik
Gaan loer gerus in op my blog